Ek wil jou seën sê die Heer
Soveel, soveel seën wil Ek oor jou uitstort
Jy besef dit nie maar voor dit nog by jou voordeur kan inkom
Is dit alreeds agter gelaat
Liewe kind, liewe kind
Wanneer gaan jy insien
Daar is LEWE
Op die pad wat Ek wil hê jy moet volg
Soveel dinge steel die vyand van jou liewe kind
Soveel
Net omdat jy nie wil toelaat dat My manier van Lewe
Ook joune word
Liewe kind het die duiwel nie alreeds genoeg gesteel nie?
Hoe kan jy aanhou om voor die wind alles na te laat en te laat gaan
Alles
Alles wat Ek in My Woord van jou vra om nie te doen
Liewe kind hoekom is dit so?
Hoekom het jy soveel ore vir die wêreld
Maar nie vir My
Hoe kan dit wees?
Hoe kan julle aanhou om die wêreld
Wie sy is
En wat sy vra
Hoe kan julle aanhou om dit bo My en My wil vir jou te plaas?
Liewe kind besef jy dit nie
Haar weë is paaie reguit na die dood
Daar is nie afdraai-paaie nie liewe kind
Dit is EEN PAD reguit na die DOOD
Ek wil nie hê jy moet daarnatoe gaan nie liewe kind
Ek wil nie hê jy moet die pad volg van soveel andere voor jou nie
Ek wil hê jy moet anders wees
Ek wil hê jy moet die een wees wat sê ‘Nee! Hierdie pad is nie vir my’
Soveel kinders, soveel kinders
Bewandel hierdie pad van dood
‘n Pad waar hulle konstant partytjie hou
Die pad waar hulle konstant hulle vlees vet voer
Liewe kind dis tyd dat daardie vlees van jou ‘n bietjie minder kos kry
Jy besef nie, jy besef nie
Deur jou gees te laat sterwe
Verloor jy die Ewige Lewe saam met My!
Liewe kind asseblief skrik wakker!
Skrik wakker!
Hoe noem jy jouself ‘n Christen, ‘n kind van Vader-God
Maar jy doen ALLES wat nie is van My?
Wat jy waar kry vra Vader
Van wanneer af werk dit so liewe kind?
Dis mos nie hoe dit moet wees
Hulle moet weet jy is ‘n kind van My sonder dat iemand eers hoef te vra
Vir hoe lank, hoe lank
Hou julle aan, hou julle aan
Om hierdie wêreld te dien
So goed, so goed!
Maar julle verwag My Seën
Julle verwag van My om goed te bly
Al het julle julle Koning hoe lank terug verlaat?
Nee liewe kind, nee, dit werk nie so nie
Ek wil hê die lewe in My hart
Dit wat Ek in My hart voel leef
Dit wat mooi en waar en eg is
Liewe kind Ek wil hê dit moet woon in jou
Alles wat sleg is leef in jou hart
Daar is nie plek vir My Seën
Hoe liewe kind, hoe verwag jy moet Ek aanhou seën
As daar net nie plek is vir My
As jy nog bereid was om die pad saam met My te loop
As jy nog bereid was om om-te-draai en die ander pad saam met My te bewandel
Maar nee sonde bly lekker
Dit bly so lekker vir jou!
Liefste kind! Liefste kind!
Hoor vir My
Asseblief! Hoor die Woord van die Here
Ek vra so mooi
Kom luister na My!
Kom luister na die Stem van Lewe
Kom luister na dit wat Ek in My Woord van jou vra!
Julle bly blind want julle weier om te kom!
Liewe kind, liefste kind
Hoe lyk die liefde wat jy in jou hart vir My voel?
Loop dit oor
Of is dit ‘n straaltjie in die grootste nood?
Liewe kind daardie fontein in jou
Is veronderstel om ‘n fontein van Lewe te wees
Dit is veronderstel om ‘n fontein van water te wees
Waaruit andere en die om jou kan drink?!
Liefste kind!
Jy bly dors! Ek kan sien
Tog weier jy
Jy weier volstrek om na My te kom
Ek wil My lewe joune maak sê die Heer
My alles, alles wil Ek met jou deel
Maar jy liewe kind, jy laat toe dat die duiwel
Alles van jou steel
Ek gooi hoop in
Jy omvou hopeloosheid
Ek spreek lewe
Jy bely dood
Liewe kind
Ons verloor en Ek het nog nie eers behoorlik begin!
Aijaijai is dit wat Ek vra rerig te veel
Hoe kan dit wees?
My manier is alles wat mooi is
My manier is alles wat lieflik en eerbaar is
My manier is alles wat goed is
Tog bly die duur prys van sonde julle s’n
Hoe liewe kind, hoe?
Hoe kan die pad van sonde beter en hoër wees
As die een wat Ek van jou vra?
Op My pad wag daar vir jou ‘n ewige paradys
Op hare net een en dit is die EWIGE DOOD
Dalk moet julle daardie pryse begin opweeg teenoor mekaar
Maar nee julle kies konstant die vlietende vreugde van sondige genot
Teenoor die ewige vreugde wat in die hemel vir jul wag
Liewe kind hoe, hoe weeg die prys van sonde soveel swaarder
Wat help dit julle gooi nou alle reëls oorboord
Wat help dit julle doen nou net wat julle wil
Maar jou siel, jou siel het jy verkoop aan die Ewige Dood?
Ai liewe kind wanneer gaan jy hoor?
Wanneer?
Wanneer gaan jy besluit om My pad te begin volg?
Soveel, soveel oorvloed wat op jou wag.