Sterkste Anker

Dit is my Jesus se liefde
Wat die grys wolke laat verdwyn
In Hom is daar geen donkerte nie
Net Ewige Lig wat alle duisternis verdryf

Jesus se liefde is so groot
Dis Hy wat voorwaar ons Enigste Anker is
Liefde en Hoop
Is alleen in Hom te kry

Wil jy Jesus nie ook
Die Anker van jou lewe maak nie?
Met Hom kan ‘n mens nie sink nie
Deur die lewens-storms sal Hy jou bo laat bly

Hy is soveel krag
Hy is soveel wysheid
Alles waarna jy verlang
Sal jy in Jesus kry

Vergifnis vir die donkerte
In jou hart en lewe
‘n Skoon bladjie
‘n Nuwe Begin

In Jesus is die ou dinge verby
In Hom kry alles nuwe sin
Dis Hy wat jou oë oopmaak
Vir die mooi in hierdie lewe

Dis Hy wat jou hart
‘n Nuwe melodie laat sing
En vul met ‘n geloof en ywer
Wat jou weer laat kans sien vir die lewe

Hy is die krag in my treë
Elke voetstap wat ek gee
Loop Jesus saam met my
Nooit is ek alleen

Vir hierdie Koning
Gee ek HEEL my lewe
My vertroue
In Hom belê ek al my Hoop

Hy is nie naastenby
Soos enige mens
Op planeet aarde
Hy sal jou nie seermaak

Saam met hierdie God
Kan ons bendes aandurf
Met hierdie God
Sal ons triomfeer

Manna en kwartels
Uit die tuine van die hemel
Hoeveel te meer
Nie dieselfde vir jou en my

Ons God sal voorsien
Vir die Israeliete in die woestyn
Na die uittog uit Egipte
Tot vandag toe vir ons albei

Ons Koning is nie ‘n dooie God nie
Hy lewe nou en vir al-tyd
Hy is Skepper en Heer
Baie meer as wat jy in leë woorde sal vind

Ons God leef
Hy bestaan
Met elke kind van Hom se lewe maak Hy bemoeienis
Ons sal nooit rerig verstaan hoe naby Hy aan ons is

Vader, Jesus
Sal ons ooit verstaan
Die liefde wat U bly uitdeel?
Die genade wat ons bly terugroep?

In die aangesig
Van Jesus se liefde
Kan ek nie koud bly staan
Ek kan nie ‘n lou lewe leef

Jesus se liefde vir my
Verdien ‘n hart wat Hom bo alles stel
‘n Hart wat Hom met vurige passie
Liefhet, dien en bemin

Hoe kan ons op die kantlyn bly staan
As daar ‘n God is
Wat ons liefhet met ‘n intensiteit
Wat Sy Seun gegee het vir jou en my?

Ek kan nie liewe vriend
Ek kan nie
Sê my
Kan jy?

Ek gee nie om wat hierdie wêreld
Op my lewensstoep kom plaas nie
Ek kan nie toelaat dat dit my bind
En ek verstrengel raak nie

Ek moet los kom
Deur Jesus se genade sal ek!
Daar is NIKS wat Christus se liefde en bloed nie kan vergeef nie
Vry-wees sal ek

Stukkie vir stukkie
Sal ek die wêreld en sy begeertes afsterf
Rein en skoon wil ek wees
Soos die Een wat wag vir my

Moeg raak ek vir die dinge van die wêreld
Als wat steel, belieg en bedrieg
Dit wat sleg is
Dit wat ek weet nie van my Koning is

In my oog wil ek bly hou
Jesus en die ewigheid wat op my wag
Elke dag gereed om my Koning te ontmoet
Of vir wanneer Hy my op die wolke van die hemel kom haal

Hier en nou sal ek saam met Jesus arbei
Om verlore harte en siele in te bring
My doelwit om saam met Vader
Sy hemelse koninkryk op aarde uit te brei

Liewe vriend wil jy nie dalk dieselfde doen?
Besit dit waarmee jy jou besig-hou ewigheidswaarde?
Wanneer laas het jy jou hand uitgesteek
Vir iemand vertel van die liefde wat Ek in my hart vir hulle het?

Wanneer laas liewe kind?
Wanneer laas?
Dis tyd dat die kennis in jou hart
‘n Lewende, diepe oortuiging word

Dis daardie lewe in jou hart
Wat Ek dan sal kan gebruik
Om hierdie gebroke wêreld
Nader aan My te trek

Jou hart sal oorloop van liefde vir My
Jy sal altyd bereid wees
Om vir die wêreld te vertel
Van die God wat in jou leef!

Ek verstaan ‘n ‘dooie’ ding
Kan nooit sy mond oopmaak
As My kinders nie bereid is
Sal Ek klippe opwek om dit uit te basuin

Liewe kind asseblief kom
Raak jy nie ook al moeg vir hierdie ‘dooie godsdiens’ wat jy voor My bring?
Liewe kind Ek is nie dood nie
Ek is baie lewendig daarby

As jou kerk-toe-gaan op Sondae
Al is waarby dit bly
Dan het ons ‘n probleem
‘n Grote sê Hy

Liewe kind Ek is soveel meer as dit
Ek is LEWE
Jy kan My nie daarmee vergelyk
Jy kan nie toelaat dat ons twee daar stop

Wanneer laas het Ek en jy gesels?
Wanneer laas het jy jou bybel oopgeslaan
Toegelaat dat Ek in My Woord
Waarheid met jou deel?

Wanneer laas?
Jy sê jy is rerig lief vir My
Liewe kind hoe kan dit wees
Ons het dan hoe lank terug laas gesels

Liewe kind as jy waarlik iets vir My gevoel het
Sou jy moeite gedoen het om by My uit te kom
Jy sou moeite gedoen het om tyd te maak vir My
Net soos die afsprake wat jy en jou geliefdes so gereeld maak

Liewe kind hoe sê jy jy is lief vir My
Maar ons spandeer nooit enige tyd saam nie?
Dalk verstaan jy nie of dalk het jy vergeet
Dit is hoe enige verhouding die kans kry om te groei

Ek wil hê die liefde wat jy in jou hart vir My voel
Daardie sprankie van Hoop
Ek wil hê dit moet groter word
Ek wil hê dit moet ‘n vuur wees wat onuitbluslik brand vra Hy

Liewe kind sal jy kom, is jy bereid
Om vir ‘n slag die begeertes van hierdie wêreld
Die drome wat jy daarin najaag agter te laat
En te kom uitvind wat leef in My?

Moenie half-pad ophou nie vra Vader
Doen dit voluit, loop hierdie pad enduit saam met My
Kort voor lank sal jy nooit weer dink aan terugdraai
Want jy sal besef daar is geen ander weg

Moenie halfhartig kom nie vra Vader
Kom en gee jou ALLES aan My
Ek kan net werk met dit wat jy gee
So maak asseblief seker jy oorhandig alles aan My

Nooit liewe kind
Nooit moet jy besluit om op te gee op My
Elke dag moet jy groei
Vasbeslote my gees gaan meer kos kry as my vlees

Sterk sal ek staan
Aanhou bely
Jesus is naby
Hy ken my naam en weet verseker van my

Sien Jesus is die Enigste Rots
Wat vir ewig vas bly staan
By Hom is HOOP
By Hom is EWIGE LEWE

Nooit sal Jesus jou seermaak
Hy het dan gekom om in jou plek te ly
Al wankel die aarde en verdwyn die berge in die see
Hierdie Koning se hart kan ons vir alle tyd vertrou

Hy sal ons nooit verlaat
Sy Heilige Gees het Hy gegee om by ons te bly
Ja totdat die wêreld vergaan
En geen ander koninkryk meer sal bestaan

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment