U is die mooiste mooi
Wat hierdie wêreld al ooit gesien het
Hoe sê ‘n mens
Genoeg dankie daarvoor
Abba-God
U aangesig is goud
Wanneer ons in U teenwoordigheid sit
Kan ons net nie genoeg van U kry
U is die Een
Wat ons harte vul met soveel hoop
U is die Een
Wat maak dat ons nooit wil moed opgee
Abba ons harte is
En raak seer
As ons van mense hoor
Wat vir U wonderlike Naam ly
Abba ons wil U Naam
Aanhou bely
Veral in die donker tye
Soos ook die vroeë apostels dit moes doen
Abba ons wil U hart vir U kinders
Bly vertrou
Ons weet en glo
Dat U baie naby aan elkeen van U kinders is
Abba al verstaan ons nie
Al weet ons nie elke dag wat aangaan
Wil ons die mense wat seermaak
Voor U Troon bly bring
Vader ek bid U genade en vergifnis
Oor elkeen van hulle
Ek bid en vra dat hulle ‘n ontmoeting
Met die lewende Seun van God sal hê
Abba ons wil nie bid uit gewoonte
Ons wil met krag aanhou sê
Ons God
Is die ware en enigste God!
Abba-God net soos die mense
Wat bereid is om elke dag
Vir die evangelie te ly
Wil ons dieselfde doen
Ons wil getrou bly
Abba
Selfs al is dit
Tot die dood
Abba baie dankie
Vir die ongelooflike voorbeeld
Wat hulle vir ons
U ander kinders in die wêreld stel
Abba-God baie dankie dat U
So naby is aan mense wat seer het
Abba-God sal U asseblief
Hulle families vertroos?
Abba-God
Ons wil ons oë op U bly hou
Want ons weet U en U Koninkryk
Is baie groter as die dood
Geen dood
Sal U ooit kan keer
Want U is die Enigste Een
Wat daaroor triomfeer!
U Seun het U gegee
Hel en dood het Hy vir ewig kom oorwin
So is dit ook vir elkeen
In wie Hy waarlik woon
Abba-God
Ons hou ons oë op U
Help ons om te verstaan
Om sin hier van te maak
Help ons Abba
Om elke dag vir ons sussies
En boeties in U in te tree
Om hulle name voor U te bly noem
Abba elke mens
Wat hulleself U kind noem
Abba elke mens wat bereid is
Om die dood in die oë te staar vir U
Ek bid vir hulle Abba
Ek bid vir hulle
Ek bid die bloed van Yeshua Jesus
Oor elkeen van U kinders
Help ons asseblief Abba
Om vir hulle aan te hou intree
Om hulle voor U Troon
Te bly bring
Abba ons bind die werk van die gees
Van duisternis en dood in hierdie wêreld
Ons bid Jesus se bloed
Lewe en oorwinning daaroor
Abba-God ons weet
U kan enige iets doen
Ek weet U kan
Tot die hardste hart deurdring
Abba-God ek wil bid
Vir die rebelle-groepe
In hierdie wêreld
Hulle wat soveel skade aanrig
Abba-God ek vra asseblief
Werk met hulle harte
Wys hulle wie U ewig is
En dat daar niemand is soos U
As hulle U nie gaan vind
Gaan hulle na die dood
Die grootste skok hê
En ons wil nie hê dit moet so wees
Abba help ons asseblief
Om hulle te vergeef
Om U genade en bloed
Oor hulle te bly bid
Abba ek bid en sê
Dankie dat U
Die veilige vesting vir U kinders is
Dat U ons vashou
Radikale bekerings
Bid ek oor elke mens
Wat U nie ken
Dat hulle U sal ontmoet!
Glorieryke Jesus
Vader-God
Beskerm asseblief U kinders in hierdie wêreld
Dat net U wil bo alles geskied
Ons weet U het vir elkeen wat in U glo
‘n Plekkie voorberei
Ons weet dat elkeen wat vir U moes ly
Nou alreeds by U is
Abba help ons asseblief
Om altyd verder te kyk
Verder as wat ons
Met die blote oog kan sien
Help ons asseblief
Om U altyd in die oog te hou
Om die resies te bly hardloop
Om hom saam met U baie goed klaar te maak
Dankie dat U ‘n wonderlike Vader-God is
Dankie dat U in beheer bly
Dat U ‘n God van liefde
En nie dood en haat is
Geen mens sal U ooit beveel
Om ‘n ander dood te maak
Omdat hulle nie
In U glo
U is ‘n anderste God
U is die mooiste God
U is die Een wat ons harte
Altyd met die grootste liefde wil bly dien
Amen.