Vlam van Hoop

Moenie opgee nie
Moenie oorgee nie
Asseblief My liefste kinders
Hou vas tot aan die einde

Elke dag sal Ek julle bly dra
As julle net bereid sal wees
Om in My weë te loop
Om julle oog op My te hou

Ja My liefste kinders
Ek weet julle raak dikwels moeg
Ek weet dat hierdie lewe
Heelwat uit My kinders tap

Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Dis net deur die dinge te doen
Dat julle gaan krag kry om deur te trek

Ek sal nie vir julle vertel
Om julle Bybels aan te hou lees
As Ek nie weet dat dit die vlam van hoop
In jou hart hoog hou

My liefste kind
Luister asseblief vir My
My Raad is baie beter
As die van die wêreld s’n

Ek is rerig opsoek na mense
Sê Abba-Vader
Wat bereid is om My hart te hoor
Wat bereid is om My te volg

Liefste kinders
Hoekom is dit so maklik
Om te glo wat die wêreld vir julle sê?
Hoekom is dit so moeilik om op My weë te loop?

Ek roep My kinders
Tot in die mooi van My hart sê Abba
Ek wil nie hê dat een van My kinders
Ooit moet hoop verloor

Omdat Ek leef
Sê die Seun van God
Sal daar altyd hoop wees
Vir die wêreld en elkeen daarin

My liefste kinders
Daar is nog tyd om in te kom
Om My Seun
Koning van julle lewens te maak

Asseblief My liefste kinders
Kom nader
Kom glo in My
Dit is wat Vader vra

Ek is lief vir julle
Sê die Koning van die konings
Ek is so baie lief vir julle
Ek wens julle het dit rerig geweet

Want daar is baie dinge in hierdie wêreld
Wat bly wen bo My
Daar is baie dinge
Waarvan Ek niks wil weet

Hierdie wêreld is nie vir julle gegee
Sodat julle alles wat sleg is
Kon liefkry nie My liefste kinders
Dit is gegee sodat julle die Ware Lewe kon vind

Asseblief My liefste kinders
Kom nou
Kom glo
Dat Ek alreeds van alles weet

My hart is om julle
In die mooi van hierdie lewe te lei
Ek wil nie hê
Dat julle dit ooit sal vergeet

My hart is vergifnis
Sê Abba-God
Vir elke mens wat net bereid is
Om daarna te vra

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Ek is Lewe
Ek is Lig

Al kan jy dit nog nie sien
Is Ek alles
Wat jy in jou lewe wil hê
Glo My

My liefste kinders asseblief
Kom luister vir My
Kom bly oorgee
Kom vind My hart

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment