Ware Hoop

My God en Sy Woord
Nooit sal hulle vergaan
Van altyd af het hulle bestaan
Nou woon hulle ook in my

Sy Gees in my
Wys my die pad
Van Slawerny tot die Beloofde Land
Na oorwinning en ek is vry!
 
Die dag toe ek Hom ingenooi het
Was vol van vreugde-bly
Hy het my kuil-diep kom haal
By die hand uitgelei
 
Na heuwels hoog
Plekke van suiwer lekker-kry
Toe kom die dale
Ek het gedog hulle het gekom om te bly
 
Daar was tye van op-een-plek-bly-staan
Versteen deur al die skok
Hoe kon daar soveel goed wees
Waaraan ons moes werk?
 
Van hoogmoed tot die eie ek
Van seer-wees diep binne in my hart
Van sonde van die verlede
Tot dit wat die toekoms nog verberg
 
Hoe kan daar soveel dinge wees Here?
Al die goed bring net seer
Soms twyfel ook in my hart
Waar is die ware ek?
 
Van teleurstelling wat dalk wag
Tot U wat sê Vertrou My
Watter stemme kom van U
Dit bewe hier in my
 
Die trane val, hulle rol so vinnig af
Vader U hoor my hart
Al die vrese wat daar lê
Hoe sê ek aan hulle ewig-koebaai?
 
Ek weet U het my nog altyd kom haal
My hart onthou U was altyd daar
Ek moet bly vashou
Want ek weet U is my enigste, ware Hoop
 
Saam met U sal ek hierdeur
Na die woestyn is daar altyd meer
Meer geloof, meer vertroue
Meer van U in my
 
Vader my diepste vra is dit
Hou my trou
Deur die storms van die lewe
Bly asseblief altyd my Enigste Hoop
 
Geen ander pad kan gee wat U gee
‘n Vader wat my liefhet
U Seun wat gekom het vir my
‘n Lewe van Ware Hoop
 
Ek sal bly vashou Vader
Want ek weet U arms dra my
Ek kan U voel
Ek weet U is by my
 
Vir my beteken dit so baie
Om te weet
Vader-God U is by my
U sal my nooit verlaat.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment