Al is ek op ‘n plek van moedeloosheid
U bly my Hoop
Al voel dit hoe donker om my
U bly die Lig
In U kry en het my lewe sin
By U het als begin
Omdat U leef
Kies ek om te bly vashou
Omdat U leef
Weet ek hou môre ‘n belofte
Nuut en vars
Uit U hart
My kind Ek leef!
Hou vas
Jy gaan hierdeur
Met My aan jou kant
Moenie opgee nie
Vertrou My
Ek sal jou wys
Elke treë
Ek hoor jou hart
En Ek verstaan
Die behoeftes van jou hart
Het jy kom lê voor My deur
Ek sal mooi daarna kyk
Jou hart het Ek gehoor
My kind se woorde
Jou gefluister
Los dit in My hande
Liewe kind
Laat Ek sien wat ons kan doen
Die antwoord is oppad
Dit beteken vir My so baie
My kind wanneer jy kom
Jou petisies voor My bring
Opreg gebore in die dieptes van jou hart
Sonder voorgee
Kom jy voor My troon
Jou hart maak jy oop
En deel met My wat daarbinne lê
My kind dit beteken vir My so baie
Dit sê dat jy glo
Jy glo Ek luister
Gee om en verstaan
Liewe kind Ek doen
Hou aan vra!
Moenie ophou nie liewe kind
Ek verstaan
Soveel kere sien Ek
Die swaar in jou hart
Ek sien waarmee jy sukkel
Tog weier jy om te vra
Liewe kind!
Ek wil help
Hou aan glo
Ek is te vertrou
Wanneer jy sukkel met ongeloof
Vra My om te help
As ongeduld bly pla
Laat toe dat Ek jou leer
In elke area van jou lewe
Dit waarmee jy sukkel
Bring dit na My
Ek verstaan
Ek wil so graag deel wees
Van elke stukkie van jou
Dit bring My soveel vreugde
Wanneer jy kies om te draai na My
Vader vergeef my asseblief
Vir die kere wat ek aanhou stry
Op my eie hou ek aan probeer
Moeg en weerloos raak ek dan o Heer
Vader ek kan nie op my eie nie
Die geveg en gestoei met hierdie wêreld
Dit kry my onder
Bly vir my een te veel o Heer
Vat die skaamheid weg
Vader U sien in elk geval reg deur my
Die dinge waarmee ek sukkel
Vir U is dit geen geheim
Dit wys afhanklikheid liewe kind
Iets waarmee julle as mens
Verskriklike moeite ervaar
Dit is nie te veel gevra
Bly op jou kniee, laat jou hart altyd buig
Daar is geen skaamte in vra vir hulp
Ek is jou Pappa-God en wil help
Weet dit, Ek is Altyd Daar.
Maak ‘n opvolg-bydrae