Kom na My

Die seer in jou
Dit roep na My
Wie kan my genees?
Asseblief ek kan nie meer!

Ek kan
En Ek wil sê die Heer
As jou baas sou besluit om te kom
Sal Ek jou genees!
 
Ek weet hoe jy voel sê die Heer
Ek voel net so
Oor en oor bly Ek aan vra
Maar jou baas hou aan sê ‘Nee’
 
As hy tog net wou besef
Die seer raak ‘n broeiplek
Vir die kieme van die vyand
Dit moet oop sê die Heer
 
Liewe kind asseblief luister
Jy sit nou hier en lees
Skielik dink jy aan iets
20-jaar terug het daar iets gebeur…
 
Ooo dit was so seer!
Ek kan nie weer daardeur
My hart pyn
As ek net daaraan dink!
 
Lankal het ek daarvan vergeet
Ek sal nie weer daaraan dink
My lewe is ‘n sukses
Kyk waar is ek nou?
 
Om te gaan grawe in die verlede
Wat is tog die sin?
Wat gaan dit help?
Kan dit enige iets regmaak?
 
Liewe kind asseblief hoor My hart
Die seer is nog daar!
Hulle hou aan roep
Help my! Help my!
 
Uitdoof-medisyne
Gebruik jy nou al vir jare
TV-kyk of aanhou-oefen
Ek is tog die baas by die werk!
 
Liewe kind, liewe kind
Hoor My Woord
Ek wil jou help
Die enigste antwoord is … Genees!
 
Jy moet gesond word
Ek wil jou genees!
Jy besef nie
Die duiwel teer op jou vrees
 
Vrees om terug te gaan
Die pyn in die oë te gaan kyk
Liewe kind Ek belowe
Jy hoef nie alleen te wees
 
Maar kind ons moet terug
Ons moet gaan kyk wat het gebeur
Trane van genesing gaan jy moet stort
Asseblief maak oop die deur na jou seer
 
As jy nie kom nie
Gaan die duiwel dit teen jou gebruik
Nog seerder gaan hy jou maak
Meer as wat jy kan glo!
 
Liewe kind
Luister na My
Die kindjie wat jy moes afbring
Asseblief bring dit na My
 
Ek sal verstaan
Verwerp sal Ek jou nooit!
Maar kind luister
Jy moet kom!
 
Jou genesing
Vergifnis ook vir jouself
Dit lê in My
Asseblief liewe kind bring dit na MY
 
So kan dit nie aangaan nie
Jy beweeg op die randjie van die dood
In soveel nood
Sê asseblief jy sal kom?
 
Ek vergewe jou
Liewe kind
Ek weet jy kan nie meer
Al wat oorbly is kom na My
 
Kom lê jou gebrokenheid voor My neer
Mooi sal Ek na jou kyk
Nooit sal Ek jou verlaat
Ek is by jou elke tree
 
Maar kind dan moet jy kom
Jy moet My vra om jou te help
Ek sal jou lei
Op die pad na Totale Herstel
 
Vir jou, vir my
Vir almal tel dit o Heer
As ons nie kom en die pyn neerlê voor U troon
Gaan hulle aanhou terugkom en ons aan die hakskeen bly byt.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment