Band van Liefde

Dit is so lank
Sê Abba Vader
Dat hierdie wêreld nie wil hoor
Ek wonder of Ek moet begin dink aan opgee

Daar is niemand soos Ek nie
Sê die Skepper-God
Hoe kan die mense in hierdie wêreld
Dit nie wil sien?

Dit is nie so moeilik nie
Sê Vader-God
As julle net ‘n bietjie op julle knieë wou gaan
Sal julle My rerig vind

As julle met harte soek
Wat bereid is om te buig
Sal julle waarlik
By My uitkom

Dis nie so moeilik nie
Sê Vader-God
Dis julle mense
Wat dit so moeilik maak

Kom vind My
Sê Abba-God
Kom soek asseblief vir ‘n slag
Rerig na My

Liefste kinders
Julle moet ophou om die leuens
Wat die wêreld en vyand oor My vertel
Sommer net so te glo

Dis baie gevaarlik
Sê Abba-God
Weet jy
Daar is ewigheid op die siel?

Jy kan nie bekostig
Sê Abba-God
Om so ‘n fout
Met jou ewige siel te begaan

Daar is ‘n hemel
Daar is ‘n hel
Waarheen Ek nie wil hê
Een mens moet ooit gaan

Ek het ‘n manier gemaak
Sê Abba-God
Vir die wêreld om terug te keer na My
Toe elke mens vir die verkeerd ja sê

Ja sê Abba-God
Dit is nie vir My lekker
Om die mense in hierdie wêreld
Sover van My te hê

Ek het ons vir verhouding gemaak
Sê Abba-God
Hoe wens Ek elke mens op hierdie aarde
Het dit al geweet

Ja sê Abba-God
Daar is meer
Soveel meer as dit waarvoor mense
Tans op hierdie aarde leef

Daar is meer
Sê Abba-God
Daar is verhouding met My
In soveel glorieryke heerlikheid

Ek wil die beste verhouding
In jou lewe wees
Sê Abba-God
Ek wil hê ons moet verhouding bou!

Ja sê Pappa-God
Altyd wil Ek
Meer van Myself
Aan jou gee

Sal jy dieselfde doen
Vra Abba-God
Sal jy elke dag wie jy is
‘n Bietjie meer vir My oorgee

Ek wil hê jy moet weet
Sê Abba-God
Dat Ek vir jou
Die Antwoord is

Ja sê Abba-God
Daar is geen beter een as Ek
Ek is die Een
Wat alles weet

My liefste kind
Sal jy asseblief nader kom
Sal jy asseblief vir jouself uitvind
Of dit wat Ek hier sê die waarheid is?

Ja sê Abba-God
Jy kan nie aanhou om te glo
Dat Ek nie bestaan
Want dit is nie so

Ek is die Antwoord
Sê Abba-God
Op al jou vrae
Op al jou probleme

Sal jy My ‘n kans gee
Om Myself aan jou te bewys
Sal jy asseblief kom
En jou hart vir My gee

Sal jy kom sien
Sê Abba-God
Dat daar geen groter vreugde in hierdie lewe is
As om My lief te hê en dien

Ek wil 1ste wees
In jou lewe
Sê Pappa-God
Hoër as almal om jou heen

Om My heelbo
Aan jou prioriteitslysie te plaas
Sal soveel Lewe en Vreugde
Vir jou bring

Ek vra jou dan asseblief
Om elke dag
Met My tyd te spandeer
Net soos wat jy met jou man of vrou sal doen

Want dit is wie Ek vir jou wil wees
Sê Abba-God se Seun
Jy die Bruid
En Ek die Bruidegom

Die mooiste liefdesverhouding wil Ek hê
Ons moet op hierdie aarde bou
Een waar ons albei
Omgee oor mekaar se harte

Ja sê Abba-God
Ek het ‘n hart
En Ek wil baie graag hê
Dat jy hom sal vind

Dat jy sal soek
Totdat jy by My uitkom
Dit bly vir My die beste
Dit wys dat jy My waarlik liefhet

Bou dan asseblief net elke dag
Verhouding met My
Maak seker dat jy bly groei
In liefde vir My

Dis hoe Ek dit gemaak het
Sê Abba
Vir jou om My lief te kry
Vir My om jou lief te hê

Daar bly dan niks beter
In hierdie lewe oor
As om elke dag te groei
In verhouding saam met My

Ek wil hê dat jy sal uitkom
By die mooi vir jou voorberei
Ek wil hê dat jy sal begin vra
Na My droom vir jou lewe

Dis die beste lewe
Wat jy ooit sal kan leef
Daarom wil Ek vra
Dat jy My gerus sal toelaat

Om vir jou te wys
My plan vir jou lewe
Wat dit is wat Ek wil hê
Jy moet vir My doen

Dit is die beste lewe
Wat jy ooit sal kan lei
Dit sal vir jou
Die meeste vervulling bied

Kom vra na My drome
My planne vir jou
Lê jou alles neer en asseblief
Vertrou die mooi van My hart

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment