Die liefde wat U vir hierdie wêreld het
Dit is so baie groot
Ek verstaan dit rerig nie ten volle nie
Ek wonder sal ek ooit?
Hoe kan daar ‘n God wees
Wat bly uitreik?
Na mense wat Hom spot
Na mense wat eintlik niks van Hom wil weet
So was dit ook aan die Kruis van Golgota
Liewe kind onthou jy
Daar het dieselfde gebeur
Die spot en nederlaag het op My Seun neergekom
Dit is hoekom Ek jou sê
Liewe kind daar was een prys gewees
My Seun sal nie weer kom as slagoffer
Sy lewe het Hy alreeds een keer verloor
Die wêreld kan maar spot
Hulle kan maar sê dis lank verby
Liewe kind hoor wat Ek vir jou sê
Die kruis van my Seun vir eeue staan dit reeds
My Seun se dood was nie goedkoop nie
Dit was die duurste ooit
Weet jy hoe stukkend was My hart
Toe Hy aan daai kruishout hang?
Daarom sê My Woord
Niemand kom na die Vader
Behalwe deur Jesus
My Seun is die deur na My hart
As jy nie by My Seun verbykom nie
Gaan jy nooit by My uitkom nie
Nooit
Elke tong sal bely My Seun is God
Wanneer jy My Seun aanneem
Bely jy met jou mond
Hy het gekom
Vir jou sonde gely
Dit bevestig elke keer
My Seun het My liefde aan hierdie wêreld kom bewys
Die kruis hou aan getuig
Jesus het gekom!
Liewe kind dit is hoekom daar soveel krag is in die kruis
Dis die krag van God
Dis die skuldbrief teen julle wat Ek kom vernietig het
Vir altyd! Vir ewig!
Daarom liewe kind
Sit jou hoop in My
Vertrou My
Vir jou het Ek gekom
Liewe Jesus
Hoe kon U kom?
Liefde My kind
Liefde!
As Ek nie gekom het nie
Was almal vir altyd verlore … vir altyd!
Ek kon dit nie doen nie
Ek moes ‘n plan maak!
Dit was moeilik
Ek het nie gedink Ek sal dit kon maak
Maar die almagtige hand van Vader-God en Sy genade
Het die pyn van die kruis kom vervang met ewige Hoop!
Die kruis hou aan getuig
As mens het Ek gekom
Die trane van angs gestort in die tuin van Getsemane
Dit was die moeite werd gewees!
Liewe kind weet jy hoe kragtig
Is die boodskap van die kruis?
Dit sê God het gekom
Die dood en hel vir ewig kom oorwin!
Dis hoekom die vyand
Alles in sy vermoë doen
Om te bewys daar was nie ‘n kruis
Om mense te mislei
Hy ken die krag van die kruis
Hy ken dit alte goed
Daai dag het bande gebreek
Vir ewig en altoos!
Geen ketting wat by die kruis van Golgota gebreek word
Sal weer terugkom nie sê Hy
My Seun se prys was volmaak
Sy bloed is die kragtigste ooit!
Daarom preek redding
Vergifnis
Verlossing en bekering
Deur die bloed en kruis van Jesus
Hulle wat in My glo
Saam met My sal hulle heers
Die kruis van Jesus
Het die duiwel en sy magte vir eens en altyd uitoorlê!
My hart breek
Vir die wie nie wil glo
Hulle hoor die klop aan hul hartsdeur
Tog hou hul aan om die wêreld en sy leuens te glo
Hoe om hul oë oop te maak?
Liewe Heer ek bid breek die bande
Verwyder die vyand se klappe van hul oë
Help hul om te sien U is ewige waarheid o Heer
Ek bely en ek erken
Ek wil dit uitbasuin
Nou en altyd Jesus bly my Hoop
Dankie Jesus dat U gekom het vir my.