Weet jy hoe Ek verlang?
Weet jy hoe baie lief Ek jou het?
Liewe kind Ek wonder of jy weet
Ek wonder of jy besef Ek het gekom vir jou?
Van kleins af is jy gebreek
Van kleins af is daar vir jou vertel
Jy gaan eendag niks wees
Niemand is lief vir jou
Gebroke ouers
Maak gebroke kinders groot sê Vader
Dit maak dit nie reg nie
Dit wys jou net waar het als begin
Die oorsaak lê in die verlede
Vir jare en generasies het Ek bly vra
Kinders keer terug na My!
Laat My toe om julle die regte weg te wys
Liewe kind generasies terug
Het als begin
Ek het bly vra
Maar niemand wou ooit hoor
Wat gemaak?
Hoe om deur te kom?
Nou nog bly Ek hoop iemand kies om te kom na My
Laat My toe om die bose sirkel te breek
Ek kan sê Vader
Ek kan!
As jy wou kom
Kan ons die verlede breek
Die seer wat dit veroorsaak het
Kan Ek heel
Gesond kan Ek jou maak
Ware Lewe aan jou skenk
Jou ouers het jou
Nooit van My geleer
Tog sal Ek aanhou vra
Is jy dalk die een?
Die een wat gaan ja sê
Op My roepstem
Die een wat gaan antwoord
Vader kom ons begin hierdie pad
Soos ‘n prediker op straat
Hou Ek aan vra
Is dit jy?
Is dit jy?
Asseblief! Kom na My
Ek weet slegs een uit baie hoor
Tog bly Ek hoop
Dis jy!
Asseblief! Is dit jy?
Die genade-deur staan oop
Ek weet nie vir hoe lank
Al wat Ek weet is … Die einde is baie nader as die begin
As jy kon sien
Die dringendheid wat leef in My
Sou jy hardloop sê die Heer
Hardloop totdat jy weet jy gaan saam!
Jou sonde het Ek alreeds vergeef
Al wat oorbly is jy wat moet kom
As jy net jou hart wou oopmaak en sê
Here Jesus kom asseblief in
Nie net sodat jy nie hel toe gaan nie
Nee! Maar sodat jy hier en nou kan Leef vir My
Het jy ‘n idee hoeveel mense Ek deur jou kan aanraak
As jy net wou bely
‘n Sondaar, ver en koud was ek gewees
Toe kom haal Jesus my
Vul my met Sy Heilige Gees
En stuur my om die Blye Boodskap te bring
Soveel mense kan Ek bereik
Deur Jou sê die Here
Deur Jou
Jou familie, jou vriende, jou nasie en jou kerk
Liewe kind as jy net wou kom
Opgekommandeer, in lyn vra Hy
Leer van My
Doen asseblief wat Ek jou vra
Liewe kind jy besef nie
Die einde is voor die deur
Wat gaan ons eendag doen
Wanneer jy voor My staan en ek jou vra ‘Hoekom wou jy nooit gaan?’
Hoekom wou jy nie vir die wêreld gaan vertel
Jesus red en verlos nog nie?
Hoekom wou jy nooit leef
Soos Ek van jou gevra het nie?
Liewe kinders …
Trane gaan dan niks help nie
Ek moes, ons moes…
Ons moet nou iets doen daaraan!
Dis hoekom Ek vra
Ek klop!
Ek hou aan!
Liewe kind kom Leef vir My
Een voet in die wêreld
Een voet in die hemel
Lou-wees
Gaan nooit werk.