God verstaan

My hart is seer
Gee God om
Dit wonder jy
Dikwels

Kind vandag wil Ek jou bemoedig
Ek sien
Ek hoor
Ek verstaan

Daar is niks in hierdie lewe
Wat julle ooit alleen te hoef oor
Kinders Ek verstaan
Ek sal altyd by julle wees

Ek glo in julle
Selfs al voel jy dikwels verlaat
Selfs al voel dit asof julle alleen staan
Daar is altyd hoop

Kinders julle kan My vertrou
Julle oë op My bly hou
Die wêreld se seer, smart en lyding
Kan nie opweeg teen die genesing, liefde en aanvaarding wat Ek gee

Omdat Ek daar is, leef en ewig bestaan
Sal daar altyd hoop wees
My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet

Moenie dink aan opgee nie
Staan op saam met My
Julle Abba-God
En kom ons probeer net weer

Ons kan dit maak
Sê Abba-God
Saam met My
Sal jy dit altyd maak

Staan net op
Kom
Probeer
Nog ‘n maal

Kinders asseblief
Kom druk deur saam met My
Weet dat Ek jou liefhet
Dat Ek altyd by jou is

Julle is nie alleen
In die geveg van die lewe nie
Daar is altyd een wat saam met julle is
Dit is Ek

Kinders asseblief
Kom plaas julle hoop vir ‘n nuwe begin in My
Kom weet dat Ek die mooiste mooi’s
Uit die verlede maak

Daar is nog hoop vir jou
Sê Pappa-God
Ek het nog nie moed verloor nie
So moet jy ook nie

Kinders die beste
Lê nog vir julle voor
Ek wil hê julle moet dit weet
Elke dag in die oorwinning loop

Geen seer is te groot vir My
Geen pyn is daar wat Ek nie weet om te hanteer
Kom gee dit als vir My
So sal jy dit vind

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment