Goeie Grond

Genade-groot
Het ons liefste God
Uitgestort oor my
Toe Hy my nader nooi

Liefste vriend en vriendin
Wil jy nie ook dieselfde ondervind
My Koning is Lig, Hy is so mooi
Hy besit my hele hart

Ek is sooo bly
Ek het Hom binne genooi
Ek is so bly
Hy het nooit opgehou soek na my

Sy liefde het my kom soek
En gevind
Op plekke waar die duiwel
Gejuig het oor my

Sien hy het gedink
Hy het my
Maar my God
Het my bevry!

Sy liefde is sooo groot
Liewe wêreld as julle dit net wou glo
Sou julle sien
Daar is waarlik ‘n Koning daarbo

Sy liefde is ons behoud
Selfs al wil soveel mense in hierdie wêreld dit nie hoor
Hy is liewe vriend en vriendin
Ons Lewende Hoop

Hoe bly en dankbaar is ek
Hy het nooit opgegee op my
Hoe bly is ek Hy het my kom haal
En Hy gee aan elke mens dieselfde kans

Sien ons Abba-God
Nooit sal Hy iemand wegwys
Sy genade, liefde en vergifnis is groot
Selfs vir die swartste sondaar

Liefste vriend en vriendin
Ek wil hê julle moet dit weet
Ons God se genade en liefde is genoeg vir jou
Nooit sal Hy van jou vergeet

Hy roep jou naam soos wat Hy myne geroep het
Soos wat Hy elke mens in hierdie wëreld
Wie Hom nog nie ken nie
Se name bly roep

Liefste vriend en vriendin
Sal jy Hom en Sy Woord
Sy liefde vir jou
Die keer bo die vyand en sy leuens glo?

Jy is goed genoeg
Jesus het vir jou gekom
Aan ‘n kruishout sou Hy hang
Selfs al was jy die laaste een

Moenie opgee op jou nie
Want Hy sal nooit
Hy het gekom vir jou
Sodat jy die Lewe in Hom kon vind

Ja vir jare is julle al verblind
Julle glo altyd alles wat beter as Ek klink
Maar liefste kind dis die ding
Dit klink altyd beter maar die wortels is gemors

Liefste kinders
Ek wil die slegte wortels uit jou lewe haal
Ek wil jou in goeie grond plaas
Sodat jy ‘n boom kan word vir My

‘n Welige boom
Met pragtige vrugte
‘n Boom wat vir ander verlorenes
Skadu en Nuwe Hoop gee

Die boom waarin jy jou nou bevind
Is sleg en verrot
Dun en breekbaar
Geen vrugte kan hy dra

Liefste kind is dit die boom wat jy wil bly?
Verlore en Ver
Donker en Swart
Yl en in diep gevaar

Liefste kind asseblief
Ek wil jou oorplant in goeie grond
Ek wil jou help om goeie vrug te dra
Asseblief sal jy My toelaat?

Vol hoop kan jy vir die toekoms wees
Want Ek sal jou deurdra
Die slegte wortels gaan jou lewe verdring
As jy nie My hulp toelaat nie

Liefste kind verstaan jy nie
Die wêreld en sy maats
Die duiwel en demone
Kan jy net saam met My baklei

Jy gaan hulle nie in jou eie krag oorwin nie
Asseblief
Hou op om dit te glo
Dit is nie so

Jy is nie sterk genoeg vir die vyand en sy werke
Sonder My nie
Jy het My nodig liefste kind
Om die weg aan te dui

Besef jy dat Ek die wapens het
Waarmee jy hom vir goed kan wegjaag?
Dis die Water van My Woord
Die Bloed van My Seun en jy wat dit bely

Liefste kind
Hou asseblief op om hom te glo
In jouself is jy nie sterk genoeg
Jy alleen is geen kompetisie vir hom

Hoe dikwels wil hy hê jy moet dit glo
Jy het jouself hierin gekry
Jy kan jouself hieruit kry
Dit is net jy, dit is net jy alleen

Liefste kind hoe lieg hy vir jou
Dit is nie so, dit is nie waar
Hy het jou elke tree tot hier mislei en verlei
Nou nog doen hy dit met die leuens wat hy vir jou in jou ore vertel

Liefste kind
Asseblief hou op om hom te glo
Ek het nie gekom, vir jou gely
Om jou nou alleen te los

Nee! Ek het gekom vir jou om vry te wees!
Vry van sy werke
Vry van sy leuens
Maar dan moet jy glo

Vra My om jou te help
Liefste kind
Vra My om jou uit die donker gat te help
Moenie skaam wees daarvoor

Liefste kind Ek wil en Ek gaan
Sodra jy My vra
Dis al wat Ek nodig het
Dat jy jou vertroue en hulp in My plaas

Besef jy dat Ek vir jou sal baklei?
Die oorwinning namens jou sal behaal?
Liefste kind dis wat Ek wil doen
Asseblief kom skuil net agter My

Sit My tussen jou en die vyand
Laat My toe om vir jou te baklei
Liefste kind sal jy
Dit is al wat Ek van jou vra

Is jy nog nie moeg nie vra Vader
Al die geswoeg en geskarrel
Om op jou eie bo te bly
Liefste kind is jy nie al moeg daarvoor nie?

Dan vra Ek asseblief
Kind, seun, dogter
Kom en kom skuil agter My
Vra My om vir jou te baklei

Dis hoekom Ek gekom het sê Vader
Om aan jou liefde en genade te skenk
Vrede en rustigheid
Wat alle verstand te bowe gaan

Dit sal jy alles in My vind liefste kind
As jy net bereid is om te vra
As jy net bereid is om te kom
En jou vertroue in My te sit

Ek is lief vir jou liefste kind
Ek vergewe jou
Asseblief, asseblief kom
En laat toe dat Ek die reuse vir jou baklei.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Goeie Grond”

Leave a comment