Watter voorreg liewe wêreld
Om die Koning van die konings
Die Heerser van die wêreld
Abba-God te mag noem
Ek dink ons vergeet partykeer
Dat ons Abba-God
Die beste Pappa is
Waarvoor enige iemand ooit kan vra
Hy is die Koning
Van hierdie wêreld
Tog laat Hy ons toe
Om ons Sy kinders te noem
Watter voorreg liewe wêreld
Is dit nie om Hom
Die Koning van die Heelal
Pappa-God te mag noem
Ek wil vra dat dit vir ons
Nooit goedkoop sal raak
Abba-God mag dit altyd vir ons goud bly
Om te weet ons behoort aan U
Die Een wat ewig is
Die Een wat ewig bly
Die Een wie ons bemin
Die Een wie ons Vader mag noem
Abba Vader dankie
Dankie dat U U liefde vir ons
Uitgestort het ons harte
Deur U Gees wat in ons woon
Dankie dat Hy bly getuig
Dat ons aan U behoort
Dankie dat ons gemerk is
Vir die groot en wonderlike dag wat kom
Abba ons wil
Tot die einde ook bly glo
Net soos U aanhou vashou
Nooit ooit daaraan dink om U te verlaat
Help ons dan asseblief Abba
Om getrou te bly
Selfs al is dit tot die dood
Sal U alleen ons Anker bly
U is die Een wat ons vashou
As die storms van die lewe hoogty vier
Is U die Een wat nogsteeds
Vrede en Rustigheid saambring
Dankie Abba Vader
Dat geen lewensstorm
Groter is as U
Ons Koning en ons Heer
U is ons Anker
U is ons Hoop
U is die Een wat ons stewig geanker hou
Geen storm kan U beweeg
As ons in U bly
Sal die berge skuif
As ons in U bly
Sal niks ons kan beweeg
Dankie Abba-God
Liefste God
Dat U die Een is
Wat ons so styf vashou
Ons wil aanhou glo
Ons wil aanhou bely
U is ons Rots
Die Een wat vir alle tyd vasstaan
Dankie Abba-God
Vir wie U is
U het U Seun gegee
Sodat ons U weer kon vind
Watter voorreg om U
Pappa-God te noem
Om te weet ek is U kind
Ons wil dit nooit vergeet
Aan U al die lof en eer
Vir ewig en altyd
Vir nou ook
Ja, Amen.