Hart-kommunikasie

Soveel doktrines en leringe
Sê Abba
Waaraan mense elke dag vashou
Dit maak dat ons nie verhouding kan bou

Ja sê Abba Vader
Dis My begeerte
Dat Ek en jy
Mekaar se harte rerig sal vind

Ek wil jou hart ken
My kind
En Ek wil so graag hê
Dat jy ook dieselfde vir My sal sê

Pappa ek wil U ken
Met alles in my
Ek kom voor U Troon
En ek gee my alles vir U

Hoekom lewe hierdie gebed
Regtig so min
In My kinders se harte
Daar is min van julle wat dit bid

Ja sê Pappa
Dit bly altyd makliker
Om vir goeters en dinge te vra
Eerder as om na intimiteit met My te verlang

Kinders hoekom begin julle nie
In julle gebede vra
Abba breek my hart vir wat U s’n breek
Wys vir my wat vir U belangrik is

Kinders dit is sulke gebede
Wat dieper intimiteit met My bou
Julle weet mos maar hoe ook mense vra wat mekaar leer ken
Waarvan hou jy en waarvan nie?

Kinders van die lewe
My hart wil graag dat julle hierdie dinge sal begin bid
Dit maak dat Ek kan inkom
En julle meer van My kom leer

God se kinders
Pappa se kinders
Julle is hier
Sodat julle meer van My kan ontdek

Ja sê Abba
Asseblief kom leer
Van My wel en weë
Hoe dinge uit My oogpunt daarna uitsien

Kinders asseblief
Kom vind My
In dieper waarheid
As wat julle nog ooit het

My hart is diep My kinders
Vol rykdom in die Gees
Kom soek asseblief
Kom vra daarna

Dit is wat Ek wil hê
Dat julle asseblief meer en meer sal doen
Moenie net doktrines en leringe aanhang
Maar totaal en al uitsluit om self My hart te kom hoor

Hoe dinge daarna uitsien
Hoe dinge self in My hart is
Kom kyk
Kom vind

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment