Hoop in gebrokenheid

Ek wil My arms
Om jou hou
Jou styf in My liefde
Toevou

Dit is My grootste
Diepste hartsverlange
Dat jy diep binne sal weet
Hoe baie Ek jou liefhet

My liefste kind
Ek wil hê jy moet weet
Dat jy nooit en op geen ander plek
‘n Liefde sal vind wat met Myne vergelyk

Ek wil hê jy moet so gesond word
In My liefde vir jou
Sê Abba-God
Dat jy rerig jou alles sal neerlê

Dit is hoekom mense sukkel sê Abba-God
Om My te vertrou
Om waarlik oor te gee
Hulle besef en weet nie hoe mooi is My hart

Ek wil hê julle moet weet
Liefste kinders
Dat Ek die mooiste planne
Vir julle instoor hou

Ek weet wat Ek vir julle beplan
Sê Vader-God
Voorspoed en nie teëspoed
Om aan julle ‘n mooi en hoopvolle toekoms te gee

Hoekom is hierdie lewe dan so moeilik
Wil julle altyd so graag weet
My kinders julle moet altyd onthou
Julle leef en woon in ‘n gebroke wêreld

‘n Wêreld
Wat vir My gesê het nee
Die dag
Toe julle sonde innooi

Ja sê Abba-God, ja
Ek weet dit maak seer
Dat julle dit nie wil hoor
Dat julle nee daarvoor sê

My liefste kinders
Dit is hoe dit is
Julle het sonde binne genooi
Asseblief vertrou My hart

Vertrou waarmee Ek besig is
Ek wil julle terugbring na My
Ek wil dit wat sonde gesteel en verwoes het
Ek wil dit kom herstel

Moeilike tye sal daar altyd
In hierdie lewe wees
Daarom wil ek vra dat julle
Jul oë op My sal bly hou

Ek is die Vrede in die wreedste storms
Sê Abba-God
Daar is geen storm
Waarmee Ek jou nie kan help

Daarom vertrou My hart
Sê Abba
En weet dat dit nie My hart is
Om uit te hou op jou

Ek wil hê jy moet
Herstel vind sê Abba
Ek wil hê jy moet
By My uitkom

Asseblief My liefste kinders
Vertrou My hart
En kom asseblief
Kom asseblief nader aan My

Nooit sal Ek ophou met vra nie
Sê Pappa-God
Want Ek is regtig
Lief vir jou

Ek vra dat jy sal
Begin omgee om te hoor
Dat jy, My liefste kind
Sal begin oorgee

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment