Gee oor aan My
Liefste wêreld gee oor aan My
Met alles wat jy is
Met alles wat jy het
So baie mense
In hierdie wêreld
Wat net nie wil glo
Wie Ek rerig is
Hoekom wil julle dit nie glo nie
Sê Abba-God
Hoekom wil julle nie glo dat Ek goed is
En dat niks wat sleg is ooit in My kan woon
My liefste kinders asseblief
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom vind
Die waarheid van wat binne My lê
Soveel kere wat mense
Aanhou uitstel om My te leer ken
Ek wil nie hê
Dat dit so moet wees
Ek wil hê
Julle moet kom vind
Die beste van wat Ek
Instoor vir julle het
Ek wil die beste
In My hart
Vir julle gee
Alles wat Ek het
Sal julle My asseblief
Daarvoor begin vertrou
Met alles wat julle is?
Met alles wat julle het?
Amen.