Kom almal
Wat nie die Here ken nie
Kom asseblief ‘n klein bietjie nader
Kom hoor hoe graag Hy jou Sy kind wil noem
My Seun het Ek gestuur
Sodat Ek en jy mekaar kon vind
Sodat ons vir altyd weer
Sou saam wees
Liefste kinders
Asseblief
Jy wat My nog nie ken nie
Sal jy My asseblief ‘n kans gee?
Ja sê Abba-Vader
Jou hart is dalk al baie seer
Van goed wat in hierdie lewe bly gebeur
En jy dink niemand kan ‘n mens meer vertrou!
Jy kan My vertrou sê Abba-God
Met alles en nog meer
Ek is die Enigste Een wat weet
Hoe om die seerste seer beter te maak
Ek weet daar was
Baie seer in die verlede
Liefste kind
Ek weet daar is nog baie seer
Tog wil Ek jou vra
Weet jy dat Ek dit alles kan beter maak?
Weet jy dat Ek dit kan draai
In iets so ongeloofliks mooi?
Ja sê Abba-God
Jy dink dalk dat dit onmoontlik is
Jy dink dalk dit kan nooit gebeur
Maar het jy al gehoor dat Ek die God van die Onmoontlike is
Ja sê Abba-God
Ek kan alles draai vir My eer
Ek kan alles draai vir goed
Selfs die seerste seer
Waarna My hart die meeste smag
Waarna Ek die meeste vra is dit
Waar sal Ek mense kry
Bereid om My ‘n kans te gee?
Ek wil so graag alles nuut maak vir jou
Sê die Heer
Sal jy asseblief begin
Om My ‘n stukkie van jou hart te gee
Sal jy My treëtjie vir treëtjie begin vertrou
Sê Abba-Heer
Sodat Ek asseblief
Die groot seer in jou hart kan genees
Ek is die Enigste Een
Wat dit kan doen
Sê Abba-God
Ek is die Enigste Een
Ek vra jou liefste kind
Om My asseblief ‘n kans te gee
Daai groot seer in jou hart moet oop
Dit moet begin genees
Ja sê Abba-Vader
Ja
Asseblief My liefste, liefste kind
Sal jy My toelaat?
Ek is so jammer
Oor al die seer jou aangedoen
Ek wens Ek kon dit keer My liefste kind
Ek wens Ek kon dit keer
Ek kan dit beter maak
Sê Abba-God
Ek kon dit dalk nie keer
Maar Ek kan die gevolge daarvan soveel beter maak
My liefste kind
Sal jy My asseblief glo
Wanneer Ek vir jou sê
Dat Ek jou ongelooflik baie liefhet
My liefde is die Antwoord op jou seer
Sê Abba-Vader
My liefde
Kan en sal jou genees
As jy net wou ja sê
My liefste kind
As jy My net
‘n Kans wou gee
Sal jy asseblief
My liefste kind
Sal jy My ‘n kans gee
Dit is wat die Koning van alle konings vra
Sal jy My ‘n kans gee
Om vir jou te wys
Ek kan dit alles vir jou draai
Ek kan dit alles goed maak
Vertroue in die skittermooi
Van My hart
Dit is al My liefste kind
Dit is al wat Ek van jou vra
Amen.