Weet jy liefste kind
Dat Ek
Die Antwoord
Op al jou probleme is?
Ek weet jy het al gevra, baie kere gewonder
Hoekom is Ek die een
Hoekom is ek die een wat so baie sukkel
Hoekom ek die een is wat so baie probleme het
Ek weet jou hart is seer daaroor
Liefste kind
Dat jy baie hartseer daaroor
In jou hart het
My liefste kind Ek wil hê jy moet weet
Ek kan dalk nie al die antwoorde
Op een slag vir jou gee
Maar dat Ek medelye het
Ja sê Abba-Vader, ja
Ek verstaan
My Seun het hierdie aarde bewandel
Sodat ons kon verstaan waardeur mensekinders gaan
Ek het medelye met julle seer
Sê Vader-God
Ek verstaan die dinge
Wat julle op hierdie aarde deurgaan
En ja liefste kinders
Ek kan dit dalk nie eensklaps wegvat nie
Maar Ek kan
Saam met jou daardeur
Ek kan jou goue lesse in die moeilike tye leer
Sê Abba-Vader
Lesse waarna jy sal kan terugkyk
En dit diep waardeer
My liefste kind
Ek wil hê jy moet weet
Jy is nooit alleen
Ek is net ‘n klop vêr
Ja sê Abba-Vader
Dit is waar heelwat van My kinders die pot deeglik mis sit
Hulle glo nie dat Ek hulle wil deurdra
Hulle glo eerder dat Ek die oorsaak is
My liefste, liefste kinders asseblief
Ek weet julle hart is seer
Maar moet My asseblief
Nie daarvoor blameer
Baie sleg in hierdie lewe
Gebeur
Omdat die mens
Sy eie vry wil en keuse het
Daar is dinge in hierdie lewe
Waaroor Ek geen sê het
Omdat die mens
Sy eie besluite maak
Hou asseblief op
Liefste wêreld, liefste kinders
Om al die sleg in hierdie lewe
Net op My te pak
Ek is nie die Een
Wat mense haat en seermaak nie
Dis die duiwel
Ek is die Een wat julle liefhet en julle altyd nader nooi
Hoekom wil mense dit nooit sien nie
Sê Abba
Hoekom wil hulle nooit sien
Dat Ek goed en nie sleg is nie
Hoekom wil hulle nie verstaan
Dat Ek medelye met die swakkes het nie
Dat Ek altyd die Een is
Wat bereid is om hulle weer op te help
My liefste kinders asseblief
Ek wil vra dat julle My
Deur ander oë sal begin sien
Oë wat medelye het met al die leuens oor My vertel
Glo julle nie My liefste kinders
Dat ook Ek seerkry
Wanneer mense leuens oor My rondstrooi
Alles wat sleg is van My rond-vertel
Dit maak My hart ongelooflik seer sê Abba
Kyk net om julle heen
Sien en hoor al die vieslike goed
Wat in hierdie wêreld oor My rondlê
Dit maak My seer sê Abba
Dit maak My ongelooflik seer
Dit is hoekom Ek nie wil hê
Dat julle die leuens in hierdie wêreld so sal liefhê
My liefste kinders
My hart is als wat goed en mooi is
My hart is alles
Waarop mensekinders kan staatmaak
Hoekom wil mense nie glo dat Ek goed is nie
Hoekom wil hulle nie kom en bely
Hoekom wil hulle nie kom vra
Abba leer ons asseblief wat die waarheid oor U is
Want ja sê Abba
Dit bly eerder makliker
Om van My af weg te bly
En die sleg oor My te glo
Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek is nie die monster
Wat so baie mense glo Ek is
Ek is Liefde
Ek is Blydskap
Ek is Vrede
Ek is Hoop
Hoekom wil mense dit nie glo nie
Hoekom, o hoekom
Wil hulle altyd
Die sleg van My glo
My liefste kinders
Julle harte gaan so geskok wees
Die dag as julle uitvind wie Ek rerig is
En die verkeerd al geglo!
Julle glo al die verkeerd oor My sê Abba Vader
Tog vra julle julself nooit die vraag nie
Is ons nie dalk verkeerd nie?
Is daar nie iets wat ons dalk mis?
Want liefste kinders
Ek wil hê dat julle dit sal weet
Ek wil hê julle moet weet dat Ek
Die Antwoord op alle aardse probleme is
As mense van hierdie aarde
Net na My toe wou kom
As hulle My net wou begin vertrou
En alles rerig in My hande sit
Dis nie vir My lekker nie
Sê Abba-God
Dis vir My niks lekker
As Ek sien hoe julle sukkel nie
So baie kere sê Vader-God
Dat die duiwel dit regkry om julle te oortuig
Dat Ek Myself verlustig
In die feit dat julle swaarkry
Dit is die grootste leuen
Dit is die grootste leuen!
Baie kere sê Abba
Baie kere dat Ek My kinders vra om My te bly vertrou
Ja My liefste kinders,ja
Ek weet dat dit nie altyd maklik is nie
En al kan Ek dalk nie altyd alles in ‘n oomblik draai
Moet julle weet dat die Antwoord oppad is
Ja sê Abba-Vader
Want dis baie kere ook
Waar Ek My kinders verloor
Op die plek waar hulle moet aanhou glo dat antwoord oppad is
My liefste kinders asseblief
Ek vra in die tye wat dit rerig vir julle moeilik is
Eintlik altyd
Dat julle nader aan My sal kom
Dat julle My sal vra
Om julle te help
Dat julle My sal vra
Om julle deur te dra
Asseblief My liefste kinders
Ek wil vra dat julle My
Nie net in die slegte tye sal ken nie
Maar ook in die goeie
Ek wil hê jou oë
Moet altyd op My wees
Ek wil hê ons moet altyd
Verhouding bou
Ek wil hê ons moet soos die beste
Man-en-vrou verhouding ooit hê
Ek wil hê ons moet waarlik
Een wees
My begeerte vir elke mens
Is dat hulle sal kom uitvind wie Ek rerig is
En dat hulle nie net die leuens
Van die wêreld en vyand sal glo
Kom vind asseblief vir jouself uit
Wie Ek rerig is
Kom vind asseblief vir jouself uit
Word net lief vir My!
Word lief vir My vra Abba-God
Liewer en liewer elke dag
Totdat jy net vrede en hemelse geluk
Op hierdie aardse plek ervaar
Want dit My liefste kind
Is My hart vir jou
Dat jy altyd sal weet, dat jy altyd sal glo
Ek is bitter-baie naby
Nooit-ooit sal Ek jou verlaat
Want Ek is te lief vir jou
Saam sal ons die storms van die lewe aanpak
Saam sal Ek vir jou stap-vir-stap die antwoord op al jou probleme en vrae gee
Amen.