Lief die Lig

Ek wil so graag hê elke mens op aarde
Moet My hul Vader noem
Sal jy My asseblief toelaat
Om jou My liefste kind te noem

Ek wag al so lank vir hierdie wêreld
Om terug te draai na My
Wanneer gaan dit wees
Dit wonder Ek dikwels

Ek wens julle oë
Kon net oop gaan
En julle kon My sien
Vir wie Ek rerig is

Die wêreld het julle so verblind
Liefste mensekinders
Julle weet of besef nie eers wat julle glo
Is so verkeerd!

Liefste kinders
En hierdie wêreld
Ek vra dat julle oë sal begin oopgaan
Vir wie en wat Ek rerig is!

Julle glo verkeerd oor My
Liefste kinders
Julle glo so verkeerd
Ons gaan daaraan moet werk!

Ek sal die sluiers van julle oë moet begin afhaal
Sê Vader-God
Sodat julle rerig vir My
In My glorie kan sien

Liefste kinders van hierdie wêreld
Hou asseblief op om julle ore
So vir die vyand uit te leen
Hy vertel vir julle alles verkeerd!

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom sien
Julle is so verkeerd!

Begin ‘n bietjie
Vir ‘n slag
Reg glo oor My
Dit is wat ons Vader vra

Begin ‘n bietjie
Vir ‘n slag glo
Ek is dalk glad nie
Soos wat jy dink!

Liefste kinders van hierdie wêreld
Ek wil vir julle vertel
Wie Ek rerig is
Ek wil vir julle wys

Sal julle asseblief begin glo
Dat Ek alles is wat mooi is
Kyk ‘n bietjie om jou heen sê Vader-God
Wat is waarlik mooi

Is dit die son
Wat laat-middae sak
Of is dit wanneer hy vroeg in die môre
Uitkom om hallo te sê?

Wanneer My liefste kind
Wanneer is hy vir jou op sy mooiste?
Vir My is dit wanneer hy
Blink op jou hare rondspeel

Dis vir My so ongelooflik mooi
Sê Abba-God
Wanneer Ek sien dat julle My skepping geniet
Haar waarlik mooi oppas

Dankie My liefste kinders
Baie dankie daarvoor
Ek wil julle by die mooi van My hart uitbring
Sê Abba-God

Kan julle dit nie sien?
Kan julle nie sien hoe Ek aanhou uitreik
Na ‘n mensdom waar bittermin mense
Van My wil weet

Hoekom is dit so vra Vader
Hoekom glo julle altyd die verkeerd?
Hoekom glo julle die swart
Hoeveel kere bo die wit?

Liefste kinders asseblief
Maak oop julle oë
Kom ‘n bietjie nader
Kom nader en maak seker jy vind

Jy is goed genoeg vir My
Sê Abba-Vader
Asseblief hou op
Om nie so te dink

Ek is lief vir julle
Met ‘n ewige liefde sê Pappa-God
Niks of niemand sal ooit
Die gevoel in My hart vir jou weg kan neem

Liefste kind asseblief
Begin nader kom
Kom asseblief nader
Kom en begin vind

Ek verlang na mense
Wat My hart sal begin naspoor
Vir mense wat bereid sal wees om te kom uitvind
Dat wat Ek sê die waarheid is

Hoekom is daar so min van hulle
In hierdie wêreld
Hoekom is daar soveel mense
Wat verkeerd glo oor My

Dis omdat julle
Die leuens van die wêreld
En dit wat die vyand vir julle sê
Bo oor My wil glo

Ja sê Abba-Vader
Julle hou daarvan om net die beste
In julleself raak te sien
En het ‘n groot probleem as Ek jou reg wil wys

Hoekom is dit so vra Abba
Hoekom is daar soveel mense
Wat met hulle harte
In hoë huise van trots bly?

Hoekom is dit so
Vra Vader
Hoekom wil hulle nooit glo
Dat Ek reg is en hulle verkeerd

My liefste kinders
Ek weet dis moeilik om aan te hoor
Maar Ek wil hê julle moet weet
Dit is wie Ek is

Ek kan nie verkeerd wees nie
Sê Abba-God
Ek is altyd reg
En julle verkeerd

Dis omdat daar
In elkeen van julle kinders
Die kennis van goed en kwaad leef
Ek is alles reg

Ek is alles wat mooi is
Sê Abba
Ek kan Myself nie verander nie
Dit is wie Ek is

Die Satan het julle verlei
Om die sleg bo die goed te kies
En tot vandag toe
Doen hy dit nog presies

My liefste kinders
Ek wil hê dat julle wat weet
Wat goed en reg is
Asseblief vir My sal kies

Asseblief liefste kinders
Begin die verkeerd
Saam met My neerlê
Ek sal julle elke liewe tree daarmee help

My liefste kinders
Ek gee om vir julle
So baie
Dit moet julle weet

Ja liefste kinders
Ek het elkeen van julle met ‘n vrye wil geskep
Dit is wie Ek is
Julle kon self kies, reg of verkeerd

Ek het niemand gedwing
Om My te leer ken of om My te kies
Tot vandag bly dit steeds
Jou eie keuse

Maar liefste kind
Jy moet weet dat die pad van dood
En die pad van lewe
Nie na dieselfde einde loop

Asseblief My liefste kinders
Kom na My
Kies reg
Sodat jy vir altyd saam met My kan wees

My liefste kind
Ek vra nie die onmoontlike nie
Eintlik is al wat Ek vra
Kom na My en gee jou lewe oor

Gee oor jou manier van dink
Laat jou eie ek sterf
Sodat jy waarlik by ‘n lewe van Lig
– Alles wat Ek is – kan uitkom

Sien dit is waarmee Ek besig is
Sê Abba
Met al die kinders wat My aangeneem het
Se lewens te doen

Ek is net besig om die verkeerd
Die selfsug, die eie ek te laat sterf
Sodat hulle ook by die volheid van wie Ek is
Kan uitkom

So My liefste kinders
Sal julle asseblief
My waarlik kom vertrou
Alles aan My oorgee

Ek is Lig sê Abba-God
Soveel, soveel Lig
Hoe julle dit nie kan sien
Dit weet Ek nie

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment