Dit bly my hart verstom
Die mooiheid van wie U is
Dankie Abba, dankie
Dat U opreg omgee
Dat U mooi liefde is
Pappa dankie, dankie
My hart wil bly sing
Omdat U altyd so goed en wonderlik is
Daar is geen swaarte of las
Op my skouers of my hart
Wat U met U warm omgee, liefde
Nie kan beter maak
Pappa ek wil net dankie sê
Aan U alleen
Groot lof en dankbaarheid toebring
U is die Waardige Een
Laste word so lig
In U teenwoordigheid
Ek wens almal wou dit glo
Dit rerig kom probeer
Liefste kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Julle kan die swaar in julle hart
Gerus met My kom deel
Kom gee al die laste vir My
Kom maak My deel daarvan
Liefste kinders
Weet Ek gee rerig om
Meer as wat julle
Dikwels glo
Baie meer as wat julle
Dikwels dink
My hart kry ook seer
Wanneer julle seer het
Hoekom wil julle dit nie glo
My raad kom probeer
My raad is gee oor
Maak My deel daarvan
Sê vir My jou hart is seer
En kan Ek asseblief iets daarmee maak
Liefste kinders
My hart is altyd
Om dinge vir julle
Beter te maak
Hoekom wil so min dit glo
My rerig deel maak
Van die swaar en laste
Wat op hierdie aarde hulle deel raak
Liefste kinders
Asseblief hoor My hart
Daar is NIKS wat Ek nie
Met My warm liefde en omgee kan beter maak
Kom gee My
Liefste kind
Asseblief ‘n kans
Om vir jou te wys
Ek glo in julle harte
Al was dit seer
Al is dit stukkend
Ek kan genees
Kom word net bly in My
Kom vind jou vreugde in wie Ek is
En jy liefste kind
Jy sal sien
Dis so maklik
Sê Abba Vader
Om met al die laste van die wêreld
Julle oë van My te bly afhaal
Liefste kinders
Julle moet dit nie meer doen
Hoe gouer jy jou fokus op My plaas
Hou gouer sal jy uit die swart gat klim
Want Ek weet sê Abba
Dis hoe dit vir julle voel
Dis hoe dit vir julle raak
As julle kyk na als wat om julle aangaan
Liefste kinders asseblief
Julle moet altyd onthou
Om verder te kyk, verder
Na My, in geloof
Liefste kinders
Sal julle asseblief altyd sien
Altyd glo
Ek is groter
Ek is groter
As enige storm
Wat julle op hierdie aarde
Wil baasraak
Kinders dit sal nie gebeur
Die storm sal nie wen
Solank as wat jy na My bly kyk
Jou hoop en vreugde in My vind
Dis wanneer mense dit doen
Sê Abba
Wanneer hulle My hulle fokus in die storm maak
Dat My shalom kan neerdaal
My liefste kinders
Die vrede wat Ek gee is nie soos die van die wêreld nie
Dis groter
Dis soveel beter
Hou asseblief op
Vra Abba Vader
Om altyd julle vrede
In die wêreld en haar manier te probeer vind
Liefste kinders
Ek is groter
Onthou dit altyd
As jy ‘n diep donker situasie in die oë staar
Dis deur My die fokus te maak
En te hou
Deur die Donker Nag
Dat die Lig kan deurbreek
Verbly julle altyd in My
Sê Abba Vader
Ja selfs en veral
Wanneer julle die minste so voel
Kinders dis wanneer julle dit doen
Dat Ek kan deurbreek
Met oorwinning in My vleuels
Dit oor julle kan trek
Liefste kinders
Maak julle fokus asseblief altyd My
Deur die seer, deur die swaar
Ervaar dan hoe Ek alles beter maak
Ek is altyd waardig om geprys te word
My liefste kinders
En julle sal sien hoeveel genesing deurbreek in julle harte
Wanneer julle net kies om dit te doen
Moenie net julle oë op My hou
In die moeilike tye nie
My liefste kinders
Julle moet dit nooit afhaal
Liefste kinders
Ek verstaan julle seer
Die diep lyding daarbinne
Die kere wat julle wonder ‘gaan ek dit rerig maak’
My liefste kinders
Ek voel die seer saam met julle
Ek wil hê julle moet weet ek is nie vêr daarvaan
Ek is inteendeel baie naby
Ek wil julle altyd naby My hê
Naby My hou
Liefste kinders
Daar is niks wat vir My beter is
Hou jou oë in die storm
Asseblief op My
Besing My grootheid
Die waardigheid van wie Ek is
Alle ander dinge
Sal dan wegsweef
Omdat jy verstaan
Ek groter is, altyd in beheer
Liefste kinders
Als sal uitwerk soos dit moet
Hou julle oë net op My
Bly naby
Naby aan My hart
Naby aan My plan vir julle lewens
Moenie wegdwaal nie liefste kinders
Hou vaster aan My
Ek weet waarmee Ek besig is
Liefste kinders
Om julle vlerke te gee
Waarmee julle saam met My kan sweef
Oor aardse probleme
Struikelblokke
Al die vrae
Al die seer
Kinders Ek gaan julle help
Ek wil julle help
Altyd-altyd sal Ek
As julle My net deelmaak
Liefste kinders
Van My hart en die ander
Hou moed, moenie opgee
Weet dat Ek altyd groter as elke storm is
Dankie Abba-Heer
Vir genade groot
Dat U hier by ons is
Daar U waarlik-waarlik omgee
Amen.