Kom ‘n bietjie nader
Kom hoor hoe klop My hart
Rusteloos en sonder stilte
Bons hy van liefde vir jou
Liefste kinders
As julle net wou begin hoor
As julle net wou begin sien
Ek gee rerig om vir jou
Kinders julle moenie ooit toelaat
Dat hierdie woorde
Net ‘n dooie refrein word nie
Kinders dit was nooit My hart
Die blote feit
Dat Ek julle liefhet met ‘n Ewige Liefde
Behoort die fondasie van julle lewens te wees
Die fondasie waarop julle jul lewenshuisie bou
Kinders asseblief
Hoor My hart
Begin dit asseblief ‘n slag glo
Ek is lief vir jou
Kinders van Abba-God
Kinders van die wêreld
Ek gee nie om wat jy dink of weet jy het gedoen
Ek wil hê jy moet weet, Ek is en bly lief vir jou
Dit maak nie saak waar julle was nie
Dit maak nie saak
Of jy elke dag verlore voel
Ek is en bly lief vir jou
Dit is ‘n waarheid wat Ek wil hê
Julle moet vir ‘n slag begin glo
Dis te veel kere dat julle dit sê
Maar dit bly nie die anker wat julle deur storms dra
Liefste kinders asseblief, luister
Geen niemand of iets anders
Sal julle ooit so baie soos Ek kan liefhê
Ek wil hê julle moet daaraan vashou
Vashou My liefste kinders
Vashou
Met alles wat julle is en het
Totdat die antwoord vir julle aanbreek
Kinders julle moet
Dans in julle oorwinning
Julle moet dans in julle aanbidding
Julle moet dans altyd-deur
Kinders dis omdat Ek die rede is
Die wêreld het Ek reeds oorwin
Daar is niks
Wat Ek nie instaat is om te doen
Kinders van My hart
Dit is tyd dat julle dit glo
Dit is tyd dat julle weet
Dat niks maar niks vir My onmoontlik is
Kinders van My hart
Asseblief luister vir My
Kom nader
Asseblief nog ‘n bietjie nader aan My
Julle kan nooit te naby wees nie
Sê Abba
Daar is altyd meer
Meer in My hart, meer om te ontdek
Kinders van My hart
Sal julle asseblief begin vra daarna
Kinders asseblief
Kom klop aan My hart
Kom klop
Sodat Ek vir julle kan oopmaak
Kom klop
Sodat Ek julle kan laat aansit by ‘n feesmaal
Kinders van My hart
My hart is en bly altyd mooi
Vir die wat woon in My hart
Ook vir iedere en elke een
Kinders van My hart
Hoor asseblief
Geen een sal Ek ooit wegwys
Dit is hoe kosbaar elke een van julle vir My is
Ek gee nie om waar julle was nie
Sê Abba-God
Ek gee nie om wat jy gedoen het nie
In My Seun en Sy bloed is daar vergifnis vir die vuilste sondaar
Kinders asseblief
Luister na My hart
Asseblief kom ‘n bietjie nader
Kom klop sodat Ek vir jou kan oopmaak
Dis My hart
Sê Abba
Dis My hart
Vir elkeen
Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Kom asseblief elkeen van julle
Kom klop aan My hart
Amen, Halleluja.