Liedjie van my hart

Soveel vrede, vreugde
En blydskap in my hart
Want ek het die Koning
Van konings gevind

Die Een vir wie ek altyd
Ja wil sê
Omdat ek so sien en ervaar
Dat Hy my waarlik liefhet

Dankie Abba-God
Vir wat U kom doen het vir my
En dat U altyd naby is
Ek sê so baie dankie daarvoor

U is die lied in my hart
Wat ‘n glimlag na my gesig bring
Die Een wat my vashou
Die Een wat ‘n mooi plan vir my lewe het

Ek wil dit aanhou glo
My eie maak
Want ek weet dis waar
Dis wat U Woord beloof

Wanneer storms kom Vader
Wil ek vra dat U my asseblief sal help
Om nader aan U te beweeg
Om U en U waarheid nog vaster te hou

Abba ek weet dat U omgee
Diep omgee en dat U luister
Na die kreune van my hart
As Ek nie altyd weet wat om te sê

Dankie dat U my altyd help
Liefste Abba-God
Om sterk te staan
Om vir die duiwel nee te sê

Ja al faal ek dikwels
En al kry ek dit nie altyd reg
Sal ek saam met U
My liefste God bly opstaan

Want U is altyd in beheer
En nooit sal U
Een van U kinders ooit verlaat
Watter voorreg om die minste te sê

Tot aan die einde
Sal U by ons wees
Tot op die dag wat U
U kinders kom haal

Dankie Abba Pappa-God
Dat ons nie hierdie wêreld
Alleen aan hoef te pak
Dat U altyd naby is

Met daad en raad
Met die beste leiding en wysheid ooit
Ons harte en lewens wil U manier leef
Om wil ware lewe hê

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment