Hemelse Paradys

U hart is te mooi
Rerig Vader
Dit bly my verstom
Sonder woorde laat U my weereens

Hoekom bly U goed
Hoekom hou U aan met uitreik
Ek verstaan nie
Dit bly te hoog vir my

Kinders so feilbaar
In wat hul doen en sê
Dit bly My spesialiteit
Sê Hy

Ek verlang na verhouding
Tussen My
En tussen jou
Dis al wat Ek vra

Kinders, Kind
Kom na My
Hou op met aanhou-weghardloop
Dit maak jou moeg sê Hy

Kom na My
Kom na My
Jy kry so skaam Ek kan sien
Ek wonder tog wat dink Hy van my?

Ek dink jy is beeldskoon
Liewe kind
Met Jesus in jou
Is jy die skoonste ooit!

Jy is My Bruid
Die een na wie Ek verlang
Wanneer Ek jou sien
Sien Ek My en als wat jy kan wees!

Al die potensiaal opgesluit in jou
Als wat ek in jou gesit het
Toe Ek jou gemaak en genooi het
My kind kom leef vir my!

My kind dis waaruit die lewe bestaan
Ek en jy
Op reis
Na ‘n Hemelse Paradys

Liewe kind Ek weet nie of jy weet
Jou toekoms-spore lê en wag
In die Wind van My Gees
Kom elke tree wil Ek jou wys

Hou dan vas aan My hand
Moet nooit laat gaan
Moenie skaam wees om te vra
Ek weet daar is goed wat jy nie verstaan

Kom na My
Ek sal jou lei
Elke tree
Sal Ek aan jou wys

Al wat Ek vra is
Vertrou My
Vertrou My
Vertrou My

Die Een wat Sy Seun gegee het vir jou
Moenie opgee nie
Die tye wat jy nie verstaan
Ek wil jou help, Ek sal jou dra

Die kere wat jy val
Altyd is Ek bereid
Om jou op te help
En te sê My kind kom ons probeer weer

Maar dan moet jy ook bereid wees
Committed sê Hy
Aanhou opstaan
Maak nie saak wat nie oor-en-oor.

 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment