My liefde vir jou

Ek het jou lief
Met ‘n ewige liefde
Dit maak nie saak
Wat jy gedoen het

Dit maak nie saak
Waar jy was
My liefde vir jou
Kan nie verander nie sê die Heer

Dis iets waaraan
Ek nie wil hê
Jy moet ooit twyfel nie
My liefde vir jou is perfek

My liefste kind
Mag dit jou hart hoop gee
Mag jy weet dat Ek vir jou wag
Om net weer My arms om jou te vou

Dis een van die grootste leuens
Van die vyand sê Abba
Dat Ek jou net liefhet
Wanneer jy goed doen

Liefste wêreld, liefste kinders
Julle is so verkeerd
My liefde is ewig
Dit kan nie verander nie

Aan die kruis het Ek jou
Alreeds lief gehê
Toe alles nog sleg was
Jy nog nie vergeef

Ek wil hê dat julle
Dit altyd sal weet
Ek wil hê dat julle
Dit altyd sal besef

Ek is lief vir julle almal
Met ‘n ewige liefde
Dit kan nie verander nie
Dit is wat Pappa-God sê

Mag dit jou hart
Soveel hoop gee
My liefste kind
Jy is nie te vêr van My

Nerens is te vêr
Vir My om jou te kom haal
Ek wil hê jy moet weet
Ek glo nog in jou

Ek weet dat Ek en jy dit saam sal maak
Ek weet dit sê ons Abba-God
My is al wat jy nodig het
Om die felste storms te oorwin

My liefste kinders
Ek is lief vir julle
Mensekinders
Julle moet dit altyd weet

My liefde verander nie
Na gelang van hoe julle optree nie
Dis altyd konstant
Dit is altyd daar

Daarom wil Ek hê
Dat julle My waarlik sal vertrou
Ek wil so graag
Die Anker van jou lewe word

Ek wil nie hê dat jy iets of iemand
Bo My sal plaas
Ek wil die Een wees wie jou
In en met alles bo hou

Dis so gevaarlik sê Abba
Om mense of dinge bo My te plaas
Liewe kinders
Dit gaan nooit werk

Ek moet julle Anker wees en bly
Ek die Een vir wie julle leef
Ek die Een wat julle
Heel 1ste in julle harte hou

My liefste kinders
Dis hoe dinge uitwerk
In hierdie lewe
Ek heelbo aan jou lys

Maak My prioriteit
Maak My nommer 1
En sien liefste kind
Sien hoe alles net beter raak

Vertrou My hart van liefde vir jou
Nooit-veranderend
Standvastig en konstant
Net soos wie Ek is

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment