Koringkorrel

Asseblief begin oorgee
Sê Abba Vader
Asseblief
Begin oorgee aan My

Julle moenie bang wees
Om oor te gee aan My nie sê Abba
Soveel vreugde, vrede en blydskap
Wanneer julle dit doen

Liefste kinders
My hart vir julle is vryheid
Ware vryheid
En dit is presies wat gebeur wanneer julle oorgee

Alles vir My
Alles
Moenie bang wees nie liefste kinders
Gee asseblief oor aan My

Ek wil jou, elkeen van julle
By vryheid uitbring sê Abba-God
Ek wil hê julle moet waarlik
Oorgee aan My

Vanuit die hart
Wil Ek hê
Dat julle jul oë
Op My sal bly hou

Vanuit die hart
Wil Ek hê
Dat julle julself aan My
Sal oorgee

Daar is baie dinge wat julle baie kere
Nie bereid is om vir My te gee
My liefste kinders
Ek soek jou alles

Ek wil hê jy moet hart, gees
Siel en liggaam
Aan My behoort
Alles moet Myne wees

My liefste kind
Hoe is dit te moeilik
Om te verstaan
Wat Ek hier vir jou sê?

My liefste kind
Asseblief alles moet Myne wees
Daar’s soveel vryheid vir julle
As julle waarlik oorgee

Asseblief My liefste kinders
Begin oorgee
Asseblief My liefste kinders
Vertrou My

Hoor My hart
Sê Abba-God
En weet dat Ek alles kan draai
Selfs jou diepste en seerste seer

Alles kan Ek nuut maak
Sê Abba-God
Alles kan Ek nuut maak
Met die bloed van My Seun

Ek nooi jou nader
Sê Abba-God
Ek nooi jou nader
Om My te kom vind

Sal jy alles vir My oorgee
Sê Abba-Vader
Sal jy My asseblief vertrou
Met dit wat jy in jou hande hou

Ek weet dis moeilik
Om aan My oor te gee
Want julle weet nie
Wat Ek daarmee wil maak

My liefste kinders
Julle moet vertrou dat Ek die beste weet
Julle moet weet dat Ek
Net die beste vir julle instoor hou

Julle moet altyd vertrou
Dat Ek beter weet
Ek doen sê Abba-God
Altyd

Dankie Abba liefste God
Dat U ons liefhet
Dat ons U kan vertrou
U wat ons Anker is

Abba-God U is die Een
Wat ons so styf vashou
En daarvoor Abba-God
Wil ons baie dankie sê

Abba-God ons wil
Ons lewens vir U oorgee
Ons wil weet en sê
Dat U rerig beter weet

Abba ons wil sê
Dat ons U
Stap-vir-stap sal vertrou
Ons wil alles aan U oorgee

Al is dit partykeer moeilik
Wil ons bly glo
Glo dat U ‘n baie goeie rede het
Wanneer U ons vra om iets op te gee

Ding is Abba
Ons wil saam met U groei
Ons wil U Gees toelaat
Om die mooiste werk in ons harte en lewens te doen

Abba ons wil
Saam met U werk
Ons wil U nie teëwerk
Help ons asseblief daarmee

Alles wil ons oorgee
Sodat U en U begeertes
Waarlik in en deur
Ons sal leef

Ons weet Abba dit is wat gebeur
Wanneer ons vir U oorgee
Wanneer ons vir U toestemming gee
Om in ons lewens te bly werk

U word meer sigbaar
Abba-God
En hoe kan ons daarvoor
Nee dankie sê

Nee Abba-God ons wil ja sê
Abba ons wil sê
Ja asseblief
Bewerk die tuine in ons hart

U weet
Wat die mooiste is vir ons
U weet
Hoe om die beste in ons na vore te bring

Daarom wil ons aanhou vra
Aanhou sê
Abba-God help my
Om te groei in U

Help my asseblief Abba
Om alles neer te lê
Nie van U
Om nee dankie daarvoor te sê

Ek wil leef soos Jesus geleef het
Toe Hy op aarde was
Liefste kind
Dit moet julle begeerte wees

Hoekom is dit so moeilik
Vra Abba-God
Vir My kinders om te verstaan
Daar moet ‘n verandering in hulle lewens wees

Hulle kan nie
Hulle harte vir My gee
En dan nie dink
Dat hulle meer soos Ek moet word

My liefste kinders
Ek het My hart en wese
My lewe
Uitgestort vir julle aan die kruis

My liefste kinders
Ek wil julle terugbring na My
Ek wil hê dat julle in wese
Weer aan My sal behoort

Ja sê Abba-God
Jy sal sien dat dit ‘n daaglikse proses van neerlê is
‘n Proses waar wie Ek is
Vir julle belangriker word

My liefste kinders
Julle kan nie sê julle is My kinders
Maar nie bereid wees
Om saam met My te sterf

Die koringkorrel
Moet eers in die grond val
Hy moet eers sterf aan homself
Sodat hy met krag en mening opkom

My liefste kinders
Dit is hoe Ek wil hê
Dit moet ook met My kinders wees
Julle moet waarlik oorgee aan My

Julle moet sterf
Aan julleself
Sodat julle waarlik
Kan leef

My liefste kinders
Glo vir My
Ek weet
Wat Ek van julle vra

Soos Jesus
Moet ook julle bereid wees
Om die self neer te lê
En My begeertes op te tel

Dis wat Jesus
Aan die kruis gedoen het
Sê Abba-God
Hy het My wil nie Sy eie gedoen

My liefste kind
Dis ook wat Ek van jou vra
Dat jy My sal vertrou
Net soos Hy waarlik sal oorgee

Vertrou My sê Abba-God
Vertrou My asseblief
Vir die werk waarmee Ek
In jou binneste besig is

Dis Ek wat besig is
Om jou te verander
Dis Ek wat besig is
Om jou te verander met My weë

Dis eintlik ‘n wonderlike ding
Sê Abba
Om op My weë te loop
Moet asseblief nie nee sê daarvoor

Vertrou My hart asseblief
Liefste kinders
Vertrou waarmee Ek
Besig is

Moenie ooit bang wees
Om oor te gee
Al bring dit verandering
In jou, jul lewens mee

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê My Lig moet uit julle straal
Ek wil hê dat Ek alleen
Jou begin en einde is

Jy kan mense nie voor My sit
Wil Abba-God
Vir jou sê
Ek alleen moet jou alles wees

Hoeveel kere sê Abba-God
Dat julle dinge en mense voor My plaas
Daar is afgode in julle harte
Ek wil nie hê dat dit so moet wees

Lê neer asseblief sê Abba
Al die afgode in julle harte
Al die dinge en mense wat julle
Voor My en My wil in julle lewens plaas

Asseblief My liefste kinders
Lê dit asseblief neer
Begin My asseblief eerder eer
As die Een wat jou alles is

Dis wie Ek vir jou moet wees
My liefste kind
Jou einde
Jou begin

My liefste kind
Niks of niemand op hierdie aarde
Kan ooit vir jou
Belangriker as Ek wees

Dis hoekom dit vir mense
So moeilik is om oor te gee aan My
Dis omdat Ek nie heel eerste
Heelbo aan hulle lysie is

My liefste kinders
Daar is belangriker dinge in julle lewens as Ek
En Ek wil nie hê
Dat dit so moet wees

My liefste kinders
Wanneer Ek
Die belangrikste in jou lewe is
Sal jy begin doen wat Ek vra

Ek wil hê dat Ek
Die Troon van jou hart sal besit
Ek wil nie hê dat dit aan self
Of aan iemand anders moet behoort

My liefste kind
Die Troon van jou hart
Moet Myne wees
Dit moet aan My behoort

My liefste kind sal jy My asseblief glo
Waarlik aan My oorgee
Ek weet liefste kind
Ek weet wat die beste vir jou is

Begin dan asseblief doen
Wat Ek van jou vra
Begin in My weë loop
Leer asseblief alles wat Ek jou wil leer

My liefste kind
Jy sal vind
Dat Ek die antwoord is
Ja My manier

In alles is My weë
Altyd die beste
In My weë
Sal julle die ware lewe vind

Begin dan neerlê
Asseblief My liefste kinders
Alles wat Ek van julle vra
Ek weet wat die beste is vir jou

Begin neerlê
My liefste kind
En weet dat Ek
Dat Ek rerig weet

Vryheid kom in oorgee
As julle My hart meer as die van julle vertrou
Kom liefste kinders
Kom loop in My weë

Gee oor, gee oor in alles
Dis wat Ek vra
Jy mag nie liefste kind
Enige iets of iemand ooit bo My plaas

Dis nie waar jy die Lewe sal vind
Jy vind die Lewe
Wanneer jy liefste kind
Wanneer jy jou wil en weë vir My neerlê

Ja liefste kind ja
Ja dit is waar
Ja dit is so
Dit is waar die WARE LEWE lê

In jou weë neerlê
In Myne optel
Al is dit seer
Al is dit moeilik

In die begin is dit dalk so
Totdat jy meer en meer
Van My hart ontdek
Dan sal jy sien hoe dit net makliker word

Dis omdat jy dan
Sal sien en begin ervaar
Dat Ek liefde is
Dat Ek weet wat Ek van jou vra

Ek wens so julle kon sien
My liefste, liefste kinders
Dat Ek rerig weet
Wat die beste is vir jul

Waar gaan Ek
Kinders kry
Wat My so vertrou
Wil ons Abba-God weet

Waar gaan Ek kinders kry
Wat weet
Dat My wil beter
As die van hulle eie is

Waar My liefste kinders
Waar gaan Ek julle kry
Sal julle bereid wees liefste kinders
Om alles op te gee vir My

Sal julle asseblief liefste kinders
Sal julle vir My
Die troon van julle lewens gee
En niks of niemand anders nie

Asseblief My liefste kinders
Asseblief lê neer
Julle verkeerd-doen
Julle van-My-af-weg-loop

Ek raak moeg daarvoor sê Abba-God
Ek raak moeg vir mense
Kinders wat altyd dink
Dat hulle beter as Ek weet

My liefste kinders nee
Asseblief kom terug na My hart
Kom hoor dat Ek
Lewe en Oorvloed is

Hoekom glo mense dit
Nie rerig nie
Mense glo dit net totdat dit
Nie meer gerieflik vir hulle raak

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Daar gaan storms kom
Daar gaan tye kom van die eie-ek neerlê

My liefste kinders
Ons moet daar oor
Anders gaan ons nie ooit
By jou Beloofde Land uitkom

My liefste kind
Asseblief vertrou My hart
Begin vandag oorgee
Dit is wat ons Vader vra

Ja
Oorgee is ‘n pad van self-aflê
Ja
Oorgee is ‘n ‘beautiful thing’

My liefste kind
Al maak die proses partykeer seer
Wil Ek hê dat jy sal weet
Dat op die Einde Lewe vir jou wag

Om nee te sê vir jou weë
En ja te sê vir Myne
Dis eintlik ‘n wonderlike ding
Dit liewe kind is Ware Oorgee

Om My te dien
Lief te hê
Om te doen wat Ek vra
Dit liefste kind is Ware Oorgee

In Ware Oorgee is Vryheid
Soveel, soveel vryheid
So sal julle dit vind
As julle net daarvoor wou begin ja sê

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment