‘n Plek van Liefde

Kom nader, asseblief
Kom nog ‘n bietjie nader
Liewe wêreld
Ek het julle nodig naby My

Liefste kinders van die wêreld
Ek wil hê julle moet kom hoor
Hoe My hart van liefde
Vir julle klop

Daar is niks
In hierdie hele wye wêreld
Wat my hart ooit so bly kan maak
As om jou My seun en dogter te noem

Het julle geweet dat Ek
Die beste Pappa ooit is
Het julle geweet dat daar rerig
Niemand soos Ek is

Ek wil hê die wêreld
Moet begin om die goeie dinge
Oor My te glo
En nie al die verkeerd

Julle moet begin om reg te glo
Liefste kinders
Die leuens wat julle oor My glo
Dit lei net na die Ewige Verderf

Julle moet begin glo
Dat Ek ‘n God van Liefde is
Julle moet begin sien
Ek het My Seun gegee

Daar is geen ander een
Soos Ek sê Abba-Vader
Geen ander een
Wat julle ooit sal vind

In groot heerlikheid
Is Ek die Ewige Koning
Die Een voor wie julle aangesigte neerbuig
Omdat Ek heilig is

Ek verlang
Sê Abba-Vader
Ek wil hê julle moet kom vind
Wie Ek rerig is

Te lank dat julle leuens glo
Al die verkeerd oor My
Ek wens rerig dit kon anders wees
As julle net wou hoor

Hoor julle liewe mensekinders
Hoe Ek aan julle harte klop
Oor en oor
Tog hou julle aan sê nee

Julle het nie ‘n idee
Waarvoor julle nee sê nie
Liefste kinders
Julle het geen idee

Julle moet My kom vind
Sê Abba-Vader
Met harte vol geloof en opregtheid
My kom naspoor

Dit is hoe julle My vind
Liefste kinders
Dis hoe die wêreld vind
As julle My rerig naspoor

Want niemand wat My
Nog ooit kom naspoor het
Het My nie gevind
Veral as julle nie soek vir eie gewin

Ek is naby My kinders se harte
Ek weet wat daarbinne lê
Dit is wat Vader sê
Kom asseblief en vertrou My hart

Vertrou wie Ek is
Vertrou wat Ek vir julle sê
Ek kan nie lieg My liefste kinders
Dit is nie wie Ek is

Eintlik wil Ek net sê
Ek smag om verhouding met jou te hê
‘n Plek waar ons elke dag
Kan groei in liefde vir mekaar

Dankie dat jy My toelaat
Om jou meer van My te leer
Dankie dat jy My ‘n kans gun
Om jou waarlik-waarlik lief te hê

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment