Onvergelykbaar

Weet julle al dat Ek die Antwoord is
Vra Abba-God
Weet julle dat daar niemand
Beter as Ek is

Nooit sal dit so wees nie
Sê Abba-God
Nooit was, is of sal daar ooit
Iemand soos Ek wees

Ek is beter as almal
Sê die Heer
Ek is die Ewige EK IS
Beter as die middagson!

Ek wil hê dat hierdie wêreld
Weer in My sal glo
Dit is My
Diepste hartsbegeerte

Want ja sê Abba
Baie mense het sedert die begin
Van My af weggedwaal
En Ek wil hê dit moet anders wees

Ek wil hê julle moet My weer vind
Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet terugkom na My

Ek wil julle oë
Op die ewige dinge begin vestig
Sê die Heer
Ek wil hê ons moet veraltyd saam wees

Sal julle begin nee sê
Vir dit wat ons skei
Vra die Heer
Sal julle nee sê

Ja dis tyd sê Vader
Vir die kinders van hierdie aarde
Om weer voor My Troon te kom
Om te kom en te bely

Dat daar niemand is
Soos Ek nie
Want Ek het
Alles gemaak

Liefste kinders, liewe wêreld
Luister asseblief vir My
Daar is niemand soos Ek nie
Ek is die Een wat ewig is

Ek wil hê en vra
Dat julle, julle oë
Op My sal kom plaas
Julle hart en vertroue

Sal julle My asseblief glo
Liefste wêreld
Sal julle nader kom
Aan die Ewige EK IS

Daar is niemand soos Ek nie
Sê die Heer
Meer helder as die son
Beter as die beste god waaroor enige een kan droom!

Ek is die enigste lewende een
Sê Abba God
Ek is die Een
Wat vir ewig leef!

Sal julle asseblief
Julle oë op My kom hou
Julle vertroue op My kom plaas
Die een wat ewig is?

Daar is niemand soos Ek nie
Liefste kinders
En Ek wil hê julle moet dit weet
Daar is geen ander een

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment