Keer terug na My
Liewe wêreld
Asseblief dit is wat Ek
Van julle bly vra
Ek wil hê julle moet
Terugkeer na My sê Vader-God
Met alles wat jy is
Met alles wat jy het
Vertrou My hart vir julle
Liewe wêreld
Asseblief vertrou My hart
En weet dat Ek net die beste vir julle wil hê
My hart is nie soos baie glo
Dit is mooier
As wat enige iemand
Sal kan glo
My hart is Goud
Sê God
Pure Goud
Dit is wat ons Abba sê
Ek wil hê julle moet kom vind
Wat daarbinne lê
Ek wil hê julle moet vir julleself
Kom sien
Ja sê Abba-God
Want daar is so baie kere
Wat mense glo wat hulle glo
Omdat andere so sê
My liefste kinders
Julle kan nie net op die woorde
Van ander mense gaan
Julle moet vir julleself weet
Ja sê Abba-God
Julle moet My kom soek
Vir julleself
Sodat julle My kan vind
Ek gee baie om vir julle
En Ek wil hê
Dat julle dit altyd maar altyd
Sal weet
My oog sal op julle wees
Dit het Ek aan die begin gesê
Ek sal alles doen
Om julle terug te bring na My
Dis wat Ek
Aan die Begin gesê het
Dit is wat Ek
Tot vandag bly sê
Keer terug na My liefste wêreld
Asseblief keer terug na My
Met alles wat jy is
Met alles wat jy het
Amen.