Raak rustig en stil
Sê Abba
Weet dat Ek in beheer is
En altyd sal bly
Kinders al is dit moeilik
Al kan julle nie altyd verstaan
Wil Ek vra dat julle
Asseblief nie sal moed opgee
Al is dit moeilik
Om My te vertrou
Wil Ek vra dat julle asseblief
Daarmee sal aanhou
Liefste kinders
Ek ken julle harte
Ek weet wat julle nodig het
En Ek sal dit vir julle gee
Hou net julle oë op My
En asseblief moenie ooit dink aan opgee
Vergewe gou
En weet dat Ek weer terugkom
Ek kom beslis weer
Sê Abba
Om My kinders
Te kom haal
Ek wil nie hê julle moet
Moed verloor nie
Ek wil hê julle moet
Standvastig bly
Vas in vertroue
Vas in geloof
Vas in liefde
Vir My
Kinders asseblief
Vertrou My hart
En weet dat Ek nooit
Sal opgee op jou
Ek weet wat in jou lê
Sê Abba
Dieper en meer
Dit sal Ek vir jou gee
Liefste kind
Jy moet net aanhou
Om My hand vas te hou
En nie opgee
Al raak dit moeilik
En seer
Hou net vaster aan My
Moenie opgee
Ek wil geloof kom herstel
Ek wil vir jou nuwe hoop gee
Kinders asseblief
Vertrou die mooi van My hart
Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba
Dit kan julle maar glo
My hand net vaster hou
In goeie tye
In slegte tye
Ek is altyd daar
Dit moet julle weet
Nooit sal Ek julle verlaat
Nooit sal Ek op julle kan opgee
Ek is lief vir julle My liefste kinders
Met liefde baie groot
Vertrou dan My hart sê Abba Koning
Loop die pad saam met My
Tot die einde
Terwyl jy elke dag net My hand bly vashou
Amen.