Standvastige God

Dankie Abba Vader
Vir U volmaakte
Ware Liefde
Vir my U kind

Dankie dat ek nooit
Bang hoef te wees
Dat U my gaan verlaat
Dat U my nie meer lief gaan hê

Vader dit gaan nooit wees
Omdat U liefde
En opregte omgee is
Dankie liefdevolle Abba Vader

Om U lief te hê Abba
Om U liewer te kry
Dit is so spesiaal vir my
Ek wil hê U moet dit weet

Dankie so baie
Dat U nooit
Maar nooit
Ooit sal opgee op my

Vader dit beteken vir my die lewe
Om U in my lewe te hê
Om die pad saam met U te loop
Dankie my Abba daarvoor

Ek wil U loof en eer
Omdat U dit oor en oor verdien
Trek my steeds nader Vader
Help my ook om nie op U op te gee

Vader ek wil dieper
Ek wil soveel meer van U hê
My diepste wese wil U ontmoet
Soos wat ek nog nooit het

Vul my hart en wese
Asseblief Abba
Met meer van U warm liefde
Met meer van U opregte omgee

Ek wil weet Abba
Ek wil aanhou glo
Dat U waarheid en lewe is
Dat U nooit op my U kind sal opgee

Dankie my liefste-liefste Abba
Vir U omgee vir my
Vir U diep liefde
Vir U standvastigheid en getrouheid vir my U kind

Meer en meer Abba
Dit is wat ek van U wil hê
Abba sal U my asseblief meer wys
Sal U my asseblief meer gee

Abba ek wil hê U moet weet
My lewe behoort aan U
Abba ek is niks sonder U
U warm omgee en liefde is dit wat my bly dra

Dis U liefde en omgee
Wat my help om nooit op te gee
Wat my help om vas te staan
Wat my bo hou

Dankie liefdevolle Abba
Dat U my rerig nooit sal verlaat
Dankie dat U liefde bly
Dankie dat U altyd liefde is

Vir my en vir elkeen
Mag ons altyd glo
Mag ons U nooit verlaat
Mag ons tot die einde U hand styf bly vashou

Dankie liefdevolle Abba
Dankie
Dat ons U kan bly vertrou
Dat ons U hand kan bly vashou

Dankie dat U ons nooit sal verlaat
Dankie dat U is wie U is
Ewige Vader
Ewige Vredevors

Ons loof en eer
U groot en wonderlike Naam
Ons aanbid U Abba Vader
Vir wie U waarlik is

Watter wonderlike vreugde
Is dit in my hart
Om te weet dat ek U kind is
Om te weet dat ek nooit U liefde hoef te verdien

U is wie U is Abba-God
Omdat U liefde is
U gee om
Omdat dit rerig is wie U is

Abba hoe kan ons ooit
Genoeg dankie sê
Ek wonder
Twyfel of dit ooit moontlik is

Abba-Vader
Trek my asseblief nader
Nader aan U waarheid
Nader aan wie U is

Koning Jesus asseblief
Ek wil nooit op U opgee
Vader hou my vas, hou my trou
Skryf U waarheid asseblief dieper in my hart

Help my Koning Jesus
Abba Vader
Heilige Gees
Om soos U – en nie ek – te glo

Ek wil nie glo
Wat ek wil glo nie Abba
Ek wil glo wat U glo
Omdat U ware liefde is

Vader asseblief hou my vas
Hou my trou
Was my hart in U nederigheid
Vader doop dit diep in wie U is

Liewe Jesus, Vader asseblief
Maak dit onmoontlik vir my
Om ooit op U op te gee
Hoe rof ookal die klim, wat ookal vir ons voorlê

Abba asseblief hou my vas
Hou my styf vas
U liefde en genade
Dit is al wat ek nodig het

Abba asseblief
Genees my hart
Van alle diep seer
Alles wat ek nog nooit vir U kon gee

Gaan dieper Abba
Dieper wil ek saam met U
Kom ons gaan delf in die dieptes van my hart
Die dieptes van my gedagtes

Vader alle diep seer
Wat nog daarbinne lê
Vader ek wil hê dit moet uit
Saam met U wil ek daaraan werk

Abba ek kan nie bekostig
Ek wil nie hê
Dat dit in die donker moet bly
Dis omdat ek weet U groter is

Vader al is dit seer
Wil ek dit vir U gee
Want ek weet Abba Vader
Dat U hart vir my totale vryheid is

Gaan dieper my liefste God
Help my asseblief om vaster aan U te hou
Wys en openbaar die vestings van die vyand Abba
Sodat ek hulle saam met U kan laat neerval

Abba ek wil meer van U hê
Meer van U oorwinning
Meer van U lewe
Meer van U liefde vir my

Abba ek kan hierdie pad
Nie sonder U loop
Sonder U is ek nie sterk genoeg
Vir wat voorlê

Abba asseblief
Pas my op
Help my om oor te gee
Help my om U nog meer te vertrou

U is Lewe
U is Liefde
U is Genade
U is als wat ek nodig het

Dankie my liewe Abba
Dankie
Dankie
Dankie

Abba by U wil ek bly skuil
Asseblief Abba
Ek kan nie sonder U
Ek weet U sien my

Gee my genade Abba
Asseblief
Om U wil te bly doen Abba
Om nie op te gee

Ek kan nie sonder U nie Abba
Ek kan nie ‘n sekond sonder U loop
Asseblief Abba, asseblief
Laat net U wil geskied

Gee my asseblief U hart vir mense
Help my om hulle liewer te hê
Al is dit moeilik
Al voel dit partykeer onmoontlik vir my

Abba hou my hart asseblief
Opreg
Voor U my God
Ek wil voor U ‘n oop boek wees

Besny
Vat weg
Maak nuut
Abba net soos wat U wil

U hart is goud
U is lief vir my
U aanvaar my
U weet wat die beste is

Breek my hart
Liefste Abba
Met meer van U
Ek wil U dieper innooi

Ek wil na plekke gaan saam met U
Waarvan ek net kan droom
Ek wil soveel meer
En dieper van U hê

Asseblief liefste Abba
Help my om nie op te gee
Om hierdie pad saam met U te loop
Tot die einde toe

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment