Rede om te lewe

Soveel vrede wil U aan ons gee
Rustigheid
Kalmte
Vreugde in ons hart

U verlang om oor ons uit te stort
Seëninge wat reën
Geluk
En als wat U gekom het om te gee

Ek verlang om My hart te deel
My kind met jou
As jy net wou verstaan
Ek het gekom om aan jou die lewe te gee

Lewe in oorvloed
Meer as wat geld kan koop
Vreugde en vrede in jou hart
Geluk van oor-tot-oor

Ek verstaan partykeer raak dit moeilik
Jy vra Vader wat is die sin van alles om my heen?
My kind dit is Ek en jy
Wat hierdie wêreld ore aansit

In en deur jou
Wil Ek hierdie wêreld wys
Ek is God
En daar is Hoop!

Verhouding wil Ek aan jul gee
Ons wat gesels en harte deel
Ek wat jou vertel
Die drome wat Ek gedroom het oor jou!

Kind as jy sou kom
En kom luister
Uitvind wat dit is
Wat Ek wil hê jy moet doen vir My

Jou lewe het waarde
Soveel
Ek en jy
Saam kan ons hierdie wêreld ‘n ding of twee wys

Kom in lyn vra Vader
Met My planne vir jou lewe
As jy in opleiding is wees geduldig
Weet dit, My tyd is perfek vir jou

Kom nader
Nader aan My
In en by My sal jy vind
Als wat honger ly in jou

Uitsien na môre en die dag daarna
Hoop vir die maat waarna jy verlang
Geluk en die rede vir jou lewe
Blydskap wat die grys wolke sal laat verdwyn

My Woord sê
Die blydskap in die Here
Dit is julle beskutting
My kind dit is Waar

Moet nooit uit die oog verloor
Wie Ek is
Wat Ek kan doen
Julle dien ‘n Groot God

Die berge het Ek gemaak
Die see en als daarin
Sodat jy kan weet jou lewe dra waarde
En jy is kosbaar vir My

Vergeet dit dan nooit
Daar is ‘n plan
Ek wil jou wys
Jou lewe het ‘n rede.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment