Ek het U ongelooflik baie lief
Vader ek hoop U verstaan
Ek hoop U hoor my hart
Ek het U baie lief
Ek is U kind baie klein
Dikwels hou ek aan met faal
U verdien kinders wat nooit opgee nie
Kinders wat nooit twyfel nie
Hoekom laat ek vrees toe Vader?
Hoekom laat ek toe dat die vyand aanhou steel?
Ek weet rerig nie Vader
Dis iets wat ek nie lekker verstaan
Vader ek kan U niks meer gee as my alles nie
U het my alles
‘n Gebroke, feilbare kind
Wat met alles in my probeer om aan te hou glo
So dikwels word ek herinner
Ek is niks meer as net ‘n mensekind
Tog is U lief vir my
Hoekom bly dit so?
Vader, Jesus my alles wil ek vir U gee
My hart, my lewe, my manier van dink
Mag ek U nooit verlaat
Mag U altyd alles bly vir my
Jesus ek wil hê U moet weet
Sonder U is ek niks
Sonder U wil ek nooit hier wees
Jesus gebruik my vir U eer
Mag U pad vir my
My pad wees vir my
Mag U hart en drome
Myne word o Heer
Vader weet dit asseblief
Sonder U kan ek nie wees
My alles lê ek neer
Voor U altaar Heer
Net soos U wil Jesus
Net U wil
Laat dit geskied
Gebruik my lewe net soos U wil Heer.