Ken jy die Naam van jou Heer en Vriend
Ken jy die Naam van die Een
Wie jou wil help wanneer jy roep
Ek kan nie meer
Het jy ‘n idee hoe graag
Hierdie Koning wil help
Hoeveel beter Hy dinge
En die wêreld wil maak
Hy doen dit nie deur
Al die struikelblokke weg te neem
Hy doen dit deur Hom self
Die krag in jou arms en bene te maak
Die Bybel beloof vir ons so mooi
Deur die storms van die lewe is Hy altyd daar
Die vure sal ons nie skroei
Geen haar op ons hoof aanraak
Is ons God nie ongelooflik groot?
By U Hemelse Vader
Wil ek altyd my Stilte en Rus vind
Wie is daar soos U?
Abba dis U wat ons arms soos ‘n boog maak
Om teen die vyand te baklei
Dis U wat ons lendene
Met krag en waarheid omgord
In U en deur U
Ons Koning
Kan ons veraltyd glo
Kan ons veraltyd vertrou
Want dis U wat ons sterk laat staan
Teen die aanslae van die wêreld
Dis U wat ons voete
In vaste geloof laat bly staan
Wie is ons sonder U Vader?
En is daar enige iets van waarde
Wat ons ooit sonder U kan doen?
Dit moet ek nog vind
In my eie lewe het ek gesien
U het gekom en vir my kom wys
Omdat U is, is ek
Omdat U kan, kan ek
Daarom wil ek my oë oprig
Na die heuwels rondom
Saam met die golwe en blou lig wil ek getuig
U is waarlik ons God
Geen ander god is daar
Soos ons God
Die Een wat Ewig is
Die Een wat Ewig was en sal wees
Voor U Troon van Genade
Wil ek altyd kom buig
Sonder U is daar nie eintlik enige iets
Wat ek in hierdie wêreld wil doen
Saam met U Hemelse Vader kan ons, U kinders
Bendes storm loop
Siekes genees
Die wêreld op sy rug keer
Dit is wat ek
Saam met U wil doen Vader
Ek wil elke plan en droom
Wat U vir my lewe het LEEF
Ek wil nie eendag daarbo kom en besef
Het ek maar
Ek moes tog
Ek wil hier en nou ‘n lewe sonder berou leef
Die lewe is net te kort
Om konstant te wil aanjaag
Wat help dit ons doen wat ons wil
Maar die belangrikste het ons nagelaat?
Nee liewe kinders
Daar is baie meer
Aan hierdie lewens te meet
As dit waarvoor julle elke dag leef
Die ‘room’ van hierdie lewe
Sal julle slegs in My vind
En ja dis dalk nie soos deur jou voorgestel
Dit is tien-tonne kere beter
Julle sal moet laat gaan sê Vader
Van alles waaraan julle so vasklou
Daar is so baie dinge wat julle verhinder
Om voluit vir My en My Koninkryk te kom leef
Liefste kinders julle moet laat gaan
Van alles wat julle terughou
Julle moet kom hoor
Waaroor alles rerig vir My gaan
Liefste kinders hierdie wêreld
En sy dinge…
Dit gaan nie oor julle
En aardse gemak
Dit gaan nie oor win die wêreld
Maar jou siel
Oor jou siel
En of hy die ewigheid gaan maak
Sien liefste kinders
As julle die ewigheid in My Seun
Waarlik gevind het
Sal julle ook hier en nou My Koninkryk wou uitbou
Daarom vra Ek liefste kinders
Laat gaan van alles wat julle terughou
As julle weet dat Ek en julle nie in volle verhouding staan
Moet daar iets gebeur
Vergeet en laat gaan van dit wat julle terughou
Om nader aan My te beweeg
Om My Stem te hoor
Om te weet waar dit is wat Ek jou rerig wil hê
Laat gaan liefste kinders
Van julle verkeerde opinies
Oortuigings en waarhede
Van wat in My Woord bly staan
Ek wil julle die Waarheid leer
Soos in My hart liewe kinders
Daar is nie meer tyd
Vir ander opinies en teoloë aanhang
Kom hang My aan liefste kinders
My en My Woorde
Die Heilige Gees die Enigste Een
Wat julle die waarheid leer
Want Ek sal sê Vader
Ek sal julle leer hoe Ek waarheid sien
Hoe dinge in My hart lyk
As julle net daarna sal kom vra
Liefste kinders laat gaan
Laat gaan van alles wat keer
Dat julle in volle verhouding
Met My kan staan
Ek wil lewe vir julle gee
Lewe en Oorvloed soos julle nie ken
Nie al die goed wat julle doen
Wat alle lewe en ware vreugde steel
Vertrou My sê Vader
Vertrou My vir die goed
Vertrou My in die sleg
En weet Ek kan alles draai vir My eer
My oë is op julle sê Vader
Ek sien alles wat julle doen
Dit waarmee julle jul besighou
Daar is nie ‘n enkele ding waarvan Ek nie weet
Daar is nie meer tyd vir dinge wegsteek
Wil julle nie elkeen eerder ‘n oop boek vir My wees?
Dis regtig beter vir geen geheime tussen ons twee
Oop en vrye verhouding waar ons mekaar liefhet
Dit is My hart sê Vader
‘n Liefdesverhouding met elkeen van My kinders
Waar hulle omgee om van My te hoor
En ook andersom
Dit is My hart sê Vader
Dit is My hart
Vir jou om My te kom verken
Vir jou om My beter te leer ken
Hoekom wil so min van My kinders
Hierdie weg beloop?
Hoekom is daar so min van My kinders
Wat rerig omgee om van My te hoor?
Ek het julle lief met ‘n ewige liefde
Liewe kinders
My enigste hoop dat ook julle harte
Dieselfde passie en liefde sal verwoord
Dit is My hart sê Vader
Vir kinders wat van My wil hoor
Vir kinders wat omgee
Vir kinders wat gehoor gee
Hoeveel langer gaan julle weghol
Hoeveel kere nog gaan julle ander dinge bo My kies?
Dit maak seer liewe kinders
Meer as wat julle sal kan glo
Dit bly vir My ‘n raaisel
Hoe julle konstant soveel ander dinge
Bo My en My wil vir julle lewens kan plaas
Het Ek nog nie My liefde genoegsaam aan julle bewys
Hierdie wêreld se oë
Bly verblind vir My en My werke
Hulle wil net nie glo
Hulle wil net nie sien
Maak oop julle oë
Liewe wêreld
Kyk en sien dit wat besig is om te gebeur
Dit wat Ek besig is om te doen
Elke oog sal die glorie
Van die Koning sien
Elke oog sal sien, elke oor sal hoor
Elke hart sal weet Ek is die Ewige Ek Is
Hou op om daarteen te stry
Liewe wêreld
Laat staan die geweer
Gee in en gee oor
Hierdie wêreld sal en wil Ek
Vul met My glorie sê die Heer
Waar sal Ek die kinders kry?
Waar is die wat wil hoor?
Gee in, gee oor sê Vader
Hierdie stryd gaan julle verloor
Ek is sê die Heer, Ek is sê Vader
Die Een wat bo alles en almal uittroon.
Halleluja. Prys die Heer. Amen.
So pragtig en waar Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Awesome gedig sussa.
Love u
Sent from Samsung Mobile