Weet julle wie dit is
Wat in my hart woon?
Wil julle weet
Wie my hart besit?
Asseblief liefste kinders van Abba-God
Kom luister na my storie
Kom laat ek julle vertel
Van die wonderlikste Een
Van kleins af het ek gewonder
Oor die God van ons
Nooit lekker verstaan, net geweet
Hy het ‘n Seun wat kom ly het vir my
Hoekom en waarom
Het ek nie lekker verstaan
Sonde, wat was dit?
Het ons waarlik redding nodig gehad?
Maar toe het Pappa my kom leer soos die tyd aangaan
Baie vêr het ons kinders van Hom af verdwaal
En Hy het gekom
Om ons weer die regte rigting te help vind
Toe ek klein was
Kon ek dit nie lekker verstaan
Tog het die prentjie
Met tyd al duideliker geword
Ons Abba was te dankbaar
Toe mensekinders in Hom begin glo
Toe hulle sien
Maar Hy was nog altyd die Ware Een
My hart was net so dankbaar
Is tot vandag toe nogsteeds
Waar was ons mensekinders vandag
As God se Seun gesê het nee?
Daaraan wil ek nie eers dink
Iewers in die donker verderf
Sonder hoop, sonder genade
Gevul met baie vrees
Ek is so bly en dankbaar
Ek kon ja sê
Ek is so bly ek kon kom
Die genade-deur staan nog wa-wyd oop
Vir die kinders van die wêreld
Wil ek bly sê
Nooi God asseblief in
Gee Hom ‘n ware kans
Mensdom julle weet nie
Waarop ons uitmis nie
Ek is so bly
God het my oë kom oopmaak
Pappa se kinders
Asseblief
Luister vir My
Daar is ‘n God wat leef
En Hy gee om
So baie om
Dit is hoekom Hy ons kom haal het
Omdat Hy ons waarlik so baie liefhet
Kinders van vandag
Sal julle asseblief saam my glo
Net soos destyds toe ek klein was is daar nogsteeds
‘n Kruis wat oor die geskiedenis van die mensdom geskryf staan
Genade
Van genade bly dit getuig
Van genade wat ons kom haal het
Van genade wat tot en met vandag bly roep
Genade vir ‘n sterf’ling
Genade het U aan my kom bewys
Pappa ek is so dankbaar
En ek wil net dankie sê
Dankie dat U my kom haal het
Toe ek baie vêr van U was
Toe ek nog nie eintlik geweet het
Of U rerig bestaan
Pappa dankie so baie dat ek kon ja sê
Baie dankie dat ek U kon vind
Dankie dat U my kom haal het
‘n Kind so baie vêr van U
Pappa my hart is in dankbaarheid gedoop
Dit loop oor
Dankie so baie dat ek U in my hart kan hê
Dat ek hierdie woorde vir U kan sê
Pappa asseblief kom leer my meer
Meer van U grootheid
U goedheid
U liefde vir hierdie mensdom
Pappa dankie dat ek
Die Ewige Ek Is kon vind
Dankie dat U lewe en betekenis
Oor wie ek is, kom skryf het
Pappa-God U is liefde
U is genade baie groot
En ek wil dankie sê
Net vir wie U is
Amen.
Maak ‘n opvolg-bydrae