Ek is ‘n Koningskind
Jesus se kind
Die Heilige Gees besit my hart
My Vader is die Skepper van die heelal
Ek dra waarde want My Koning se Woord sê so
Jesus het gekom
Vir my gesterwe
Aan die Kruis van Golgota gely
Daarom sal ek hierdie lewe
Aanpak met alles in my
Elke dag sal ek my Koning loof en prys
Want Jesus het alreeds oorwin
Jesus besit nou my hart
Sy Gees leef hier binne my
Alles wat ek hoef te weet
Leer Sy Gees en Waarheid my
Ek hoef nooit bang te wees
Want elke tree
Sal Hy my wys
En altyd lei
Oorgegee leef ek nou
Aan Hom die Koning van die Eeue
Gee ek die teuels van my lewe
Van elke besluit wil ek Hom deel maak
Liewe Jesus U het alle sê op my lewe
Ek bid vir my familie
Ek bid vir my gesin
Breek asseblief elke vesting van die vyand
In en oor ons lewens
Spreek ek genesing
Oorwinning
En U Lewe
Ek spreek U liefde
Oor elke aspek van ons lewens
Jesus U besit my hart
U besit my lewe
Aan U gee ek
My hele lewe
U is Koning
U regeer tot in alle ewigheid
U lof wil ek besing
Tot die dag wat hierdie wêreld ophou lewe
Vader U is so goed
U liefde beteken vir my meer as die hele wye wêreld
My hoop
– alle hoop in my –
Dit lê in U
Here Jesus weet U dit
Weet U dat vir my
Beteken U die lewe
My hart
Wil ek voor U oopvlek
Here Jesus wil U asseblief seker maak
Dat alles wat daarbinne lê van U is
Wil U asseblief uitvat
Alles wat U nie behaag
Maak my hart skoon
Liewe Jesus
Maak dit rein
Laat dit net U wees wat daar woon
Mag die vrugte van my hart U Naam besing
Ek wil nie hê dat enige iets
Wat die duiwel bly maak
Binne-in my hart moet woon
Ek wil hê dit moet U wees
Altyd
Vader mag die vrugte van my hart
U Naam loof en groot maak
Ek weet hoogmoed en trots is nie van U
Onvergifnis en bitterheid ook nie
Of om te dink ek is beter as ‘n ander
Liewe Heer ek weet dit hoort nie so
Maak die vrugte van my hart
U s’n liewe Heer
Mag die son van U genade
Geregtigheid en liefde oor my skyn
Mag dit maak
Dat al die vrugte
Van U Heilige Gees
In my hart woon
Liewe Jesus maak my hart rein
Maak my hart skoon
Dat U met liefde en die grootste blydskap
Daarbinne sal wil woon
Maak dood die vrugte van die vyand
Angs, vrees en hartseer
Dat dit geen plek in my hart sal hê
Vat dit alles vir U Heer
Vervang dit met U Gees-vrugte
Liefde, blydskap
Vriendelikheid, geduld
Sagmoedigheid en soveel hoop
Mag hulle in my hart blom
Elke dag van hierdie jaar
Ook die jaar daarna
Elke dag vir U eer
Halleluja, Amen!