Vir liefde-groot
Prys ek U Naam
Vir oneindige genade
Loof ek U Naam
U is skoner as tien-duisend
Blinker as die middag-son
Mooier as al die lelies van die veld
U is die oggend-son in my!
In my hart
Het U die Lig kom aansteek
Die donker in my verdryf
Met U Lig wat skyn!
Ek begeer
Om U beter te ken!
Ek begeer
Om meer van U te weet!
Ek wil hê
U moet waarlik in my leef!
Ek wil hê
Die hele wêreld moet U kan sien!
Mag my lewe altyd getuig
Jesus is God!
Vir altyd wil ek hê
U moet in my hart woon!