Volg na My hart vir julle lewens liewe kinders
Spoor na My hart
Vergeet julle planne
Laat hulle lê
Volg na My wil
My weë
My hart
Tel hulle op
Liefste kinders moenie bang wees
Om My te vertrou nie
Kom en gee alles oor
Kom en vertrou My hart
Ek weet daar is baie planne
In julle harte, baie
Nie almal is van My
Party is gebore in julle eie hart
Gee dan oor liefste kinders
Julle harte en lewens
Laat toe dat alles Myne word
En vertrou My hart
Ek weet wat Ek doen
Ek weet waarmee Ek besig is
Altyd en altyd
Vertrou net asseblief My hart
Moenie dan ooit
Van My hand laat gaan nie
Hou aan tot die einde
Dit is wat ons Vader vra
Liefste kinders
Julle sal vind en sien
Hoe langer julle hierdie pad saam met My loop
Dat My hart waarlik skoon en rein is
Moenie halfpad opgee nie
Liefste kinders
Hou julle oë en fokus op My
Ek is die Een wat tot op die einde bly
Kom liefste kinders
Kom spoor na My hart
Ek weet van al die trane wat julle huil
Veral die waarvan julle dink niemand weet
Liefste kinders Ek gee om
Asseblief kom na My
Hou op om voor te gee jy is so sterk
Ek weet wat eintlik binne aangaan
Ek weet wat julle waarlik nodig het
Dit is vir My
Daarom liefste kinders vestig julle oë asseblief op My
En nie die dinge van die wêreld nie
Wees lief vir My
Spoor My hart na met alles in jou
En julle sal vind liefste kinders
Julle sal vind die antwoord op alles is Ek
Liefste kinders Ek is lief vir julle
Ek sien wat julle die nodigste het
Van die grootste tot die kleinste
Asseblief vertrou My hart
Lê julle harte neer liefste kinders
Lê julle planne vir die toekoms neer
Kom tel Myne op liefste kinders
Kom loop op My weë
Alles alles in julle lewe kan draai vir goed
As julle dit net wou glo
Asseblief liefste kinders
Asseblief kom na My
Vergeet ‘n bietjie daarvan
Of vir jouself te baklei
Ek sal jou beskerm
Ek gee so baie vir jou om
Vertrou My hart
Asseblief gee oor
Laat gaan van dit wat was
Volg My na
Ek is so baie lief vir julle
Liefste kinders
Meer as wat julle ooit sal kan besef of weet
Kom asseblief en kom volg na My weë
Heelhartig met al julle harte
Sal sal julle My vind liefste kinders
As julle My soek
En met alles in julle daarna vra
Amen.