Soveel weë
Soveel weë
Waarop My kinders
Sonder My loop
Liefste kinders
Ek vra dat julle terugkom
Ek vra dat julle
Op My weë sal kom loop
Lê julle eie weë neer
Julle opinies, julle oortuigings
Julle sieninge en kommentaar
Waarop julle so dikwels loop
Liefste kinders wat maak dit saak
Wat julle en julle maats daaroor sê
Is dit nie belangriker om te weet
Wat Ek oor ‘n ding sê
So baie van My kinders wat deur hierdie lewe gaan
Doen net soos wat hulle wil
Glo net soos wat hulle wil
Sonder om ooit My opinie daaroor te vra
Liefste kinders hoe werk dit
Wil ons Abba-God weet
Hoe kan julle liefhê en kry
Dit wat nie van My is
En dis maar al
Wat Ek eintlik vra né
Dat julle sal begin
Luister vir My
Liefste kinders
My raad oor dinge
Is die beste ooit
Dis suiwer goud uit My hart
Ek wil met julle praat
My hart met julle bly deel
Want Ek wil hê julle moet weet
Ek is konstant naby
Ek wil jou hand neem
Liefste seun
Liefste dogter en sê
Kind kom stap saam met My
Deur die storms wil Ek jou leer
Om aan te hou vashou aan My
Deur die maklike en mooi tye
Wil Ek my saam met jou verbly
Liefste seun
Liefste dogter
Ek wil hê jy moet altyd weet
Ek is baie naby
Ek verlang na kinders
Wat net saam met My ‘n pad sal begin loop
Nie ‘n pad van perfeksie
Maar ‘n pad van oorgee
Elke dag net ‘n bietjie meer
En nooit sal Ek die onmoontlike vra
Want sien liewe kind Ek weet wat werk vir jou
En ja Ek weet wat werk vir jou
Ek weet hoe om met die harte
Van My kinders te werk
Sê Abba-God
Sag en soet net soos Ek
Liefste kinders al wat Ek vra
Is dat julle My begin sal vertrou
Vandag net ‘n stukkie
En môre dan net weer
Liefste kind dis al wat Ek vra
Elke dag ‘n bietjie meer
En al is dit ‘n treetjie op ‘n keer
Dis meer as genoeg Ek kan daarmee werk
Net nou en dan weer daarna
Elke dag
Totdat Ek My kinders
Vir die Hemel kom haal
Liefste kinders
Asseblief sal julle in My weë kom loop
Sal julle jul eie oortuigings en sieninge begin neerlê
En na Myne begin vra
Joune en Myne
Joune en Myne
Liefste kind asseblief
Begin vra na Myne
Dis hoe julle wen
Op die einde is dit altyd Myne wat bly sin maak
Asseblief liefste kinders lê neer
Julle oortuigings, sieninge, waarhede, opinies en weë
Tel op Myne
Begin op hulle loop
Lewe en seëninge
Oorvloed wat van Bo af neerreën
Halleluja, Amen.