Kinders asseblief kom ‘n bietjie nader
Aan My julle Pappa-God
Die Een wat julle so baie liefhet
Die Een wat in julle glo
Het julle geweet
Kleintjies van My hart
Dat daar niks is wat julle nie saam met My kan bereik
Al wat julle moet doen is glo
Ja sê Abba-Vader
Ek is baie groter as julle vrese
Twyfel en onsekerhede
Glo net My kind, glo soos ‘n kind 🙂
‘n Wonder-wêreld van moontlikhede
Wil Ek voor jou laat oopgaan
Ek wil hê jy moet
Saam met My kom droom
Die moontlikhede is groot
My kinders
Die opsies
Wyd en syd
Kom kinders
Kom en kom sien
Hoe die wêreld in My hart
Daarna uitsien
Kinders asseblief
Julle moenie ophou om te droom
Die moontlikhede is ontelbaar
Kom vind ‘n plekkie in My hart
Hierdie wêreld kan ons so mooi inkleur
Optower met al die diamante in My hart
Kinders julle moet net altyd onthou
Julle is gemaak vir meer
Julle is nie geskep en formeer
Net vir die ordinêr
Nee My liefste kinders
Julle is gemaak om te droom
Droom groot My kinders
Droom groot saam met My
Daar is soveel wense in My kinders se harte
Wat Ek kan waarmaak as julle net wou vra
My kinders
Ek is so lief vir julle
En dit bly vir My so lekker
Om te weet julle wil in My hart woon
Dis die beste plek
My liefste kinders
Daar kan ons die mooiste drome op-droom
En werk daaraan om hulle ‘n realiteit te maak op planeet aarde
Ag kinders
Is dit nie net wonderlik om te weet
Julle is Abba-God se kinders
En Ek glo in julle
Julle is wonderlik verby
Dis so lekker om julle naby My hart te hê
Julle was gemaak daarvoor
Om in My hart rus te kom vind
Dankie dat julle gekom het
Dankie dat julle die wêreld in My hart
Ophelder met julle teenwoordigheid
Die opsies is waarlik eindeloos
Sê asseblief ja vir My
Meer en meer
My kinders
Nooi My diep sodat ons saam een kan wees
Een in hierdie reis
Van die onmoontlike
Een in die manier
Hoe ons saamdroom
Amen.