Genade onbeskryflik groot
Het ons God aan my bewys
Die dag toe Hy my nader nooi
Die dag toe Hy my nog ‘n kans gee
My hart was so bly
My hart het gevind!
Dit het ek net geweet
Daar diep-binne-in
Kinders van My hart
Julle moet altyd weet
Daar is geen groter vreugde vir My
As om jou kind van God te noem
Julle maak My hart so bly
Julle My kinders
Julle wat My so liefhet
Julle wat by My bly
Kinders van Abba
Rerig julle maak My so bly
Ek wens julle kon sien die glimlag wat om My lippe krul
Wanneer Ek een van My kinders sien
Ag dit maak My bly sê Abba ons Koning
Dit maak My bly om te weet
Ek bly in julle harte
En dat julle nie genoeg daarvan kan kry
Ek wens Ek kon nog meer vir julle doen en gee as My wonderlike alles
Is dit nie maar wat aardse pappas en mammas ook doen
Hulle soek die allerbeste vir hulle kinders
So is dit ook vir My
Kinders dankie
Dankie dat julle My ook liefhet
Dit maak My hart baie warm
Ek kan net nie ophou om te glimlag
Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Weet julle My kinders
Dat julle die beste kinders is waarvoor ‘n pa kon vra?
Ja sê Pappa
Ja dit is wie julle is
Vir My
Die heelbeste
Kinders van My hart
Sal julle asseblief altyd daarbinne bly
Ek wil nie hê julle moet My ooit verlaat
Dit sal My baie hartseer maak
Kinders, dogter en seun van Abba-God
Luister asseblief vir My
Weet dat julle altyd – maak nie saak wat
Die heelbeste sal bly
Ek soek nie ander kinders nie
Sê Abba
Ek het die beste gekry
Hoe hoop Ek net die ander sê ook ja vir terugkom huis toe
Kinders van My hart
Pappa se kinders
Sal julle My asseblief help
Om hulle terug te bring
Ja sê Abba
Moenie soos die oudste seun wees
Van die Verlore-Seun storie nie
Wees eerder die een wat is baie-bly
Ja sê Abba
Ek het daai storie in die Bybel gesit
Sodat julle kan weet dit is nie vir My baie lekker
As julle die verlorenes nie ook met groot liefde verwelkom
Dis omdat sê Pappa
Daar in My huis
Altyd genoeg plek is
Omdat daar altyd genoeg plek sal wees
Verwelkom julle verlore boeties en sussies asseblief
Met dieselfde oop arms waarmee Ek julle verwelkom het My kinders
Dit maak die wêreld se verskil
Dit laat hulle sommer dadelik baie welkom voel
Dis mos wat Jesus-liefde is
My liefste kinders
Liefde wat uitdeel en gee
Selfs wanneer mense dit die minste verdien
Ag kinders van My hart
Ek wou net sê dit is so lekker
Om julle daarbinne te hê
En Ek glo in julle
Ek weet julle gaan saam met My
Die onmoontlike bereik
Julle moet net ja sê
Altyd naby aan My bly
Amen.