Altyd

Dankie Vader-God dat U my
Nog elke keer kom haal het
Nêrens was te vêr vir U
Als wat U vra is baie goed vir my

Mag ek dit altyd weet Vader
Mag ek altyd vertrou
U sal my kom bly haal
Die kere wat ek dink aan afdwaal
 
Vader hou my in die senter van U wil
U planne, U drome vir my
Hulle wil ek bly leef
Tot die dag wat U my kom haal
 
Ek wil nooit vergeet Wie U is nie
Ek wil nooit vergeet waar ek was nie
Hou my trou en nederig
Voor U troon wil ek altyd bly buig
 
Mag my hart vertel van ‘n God
Wat ek liefhet met alles in my
Mag my lewe ook aan ander
U genade kom wys
 
Ek wil vertel van U grootheid
Ek wil vertel van U hart
U lewe is my Hoop
Dit borrel en bruis
 
Die antwoord is U
Op al ons vrae is dit altyd U
U hoor wanneer ons vra
U gee om oor alles wat ons pla
 
Mag ons, ons harte deel
Mag ons glo dat U verstaan
U bestaan, ons God
En U is altyd daar.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment