Arendsvlerke

Hoeveel kere maak julle
Julle eie plannetjies sê Vader
En dan moet Ek daarom werk?
Ek rondom julle agendas?

Nee sê Vader
Dit werk nie so nie
Julle moet by My weë en planne inskakel
Nie Ek by julle s’n nie

Ja sê Vader
Dit is ‘n harde, moeilike boodskap
Maar dit is ‘n boodskap
Wat My kinders moet hoor

Dit werk nie so nie liewe kinders
Dit werk nie so nie
Hoe kan julle aanhou dinge reël
En Ek moet net daarmee verlof neem?

Ja liefste kinders, ja
Julle moet My in elke besluit ken
Julle moet toelaat dat Ek
Ja Ek die weg aandui

Te veel paaie sê Vader
Daar is te veel paaie
Waarop My kinders loop
Sonder My

Ek wil nie hê dat dit so moet wees sê Vader
Ek wil nie hê dat dit so moet wees
Op watter pad loop jy huidiglik liewe kind?
Hoe seker is jy dat dit is waar Ek jou wil hê?

Liefste kinders
Julle moet laat gaan van julle planne
Julle moet Myne
Saam met My kom bou

Hoeveel kere sê Vader
Hoeveel kere het julle al gedink
‘Ek het reg gehoor’
Maar dan was jy verkeerd

Liefste kind Ek wil vra
Ek wil hê
Kom spoor na
Jou Abba se hart

In My hart sê Abba
Sal julle al die drome
Wat Ek oor julle droom
Vind

Laat gaan van julle plannetjies liewe kinders
Laat gaan van die weë waarop julle loop
Liefste kinders is dit nie genoeg om te weet
Dit is nie waar God Hom ook bevind

Liefste kinders
Wil julle nie hê dat ons hierdie pad saam moet loop?
Wil julle rerig aangaan om julle weë en planne bo Myne te stel?
Hoekom vertrou julle nie My hart nie vra Abba

Hoekom vra julle nie konstant in alles
Abba net U wil
Hoekom wil My kinders nie hierdie gebed bid nie vra Abba
Hoekom, hoekom loop julle altyd net soos julle wil

Julle soek nooit My wil nie liewe kinders, hoekom vra julle nooit daarna?
Liefste kinders Ek wil nie hê dat dit so moet wees
Ek wil hê julle moet kom
Ek wil hê julle moet rerig oorgee

Hoekom wil julle nie vra Vader
Hoekom vra julle nie daarna?
Dis omdat julle liewe kinders nogsteeds
Net soos Adam en Eva nie My hart vertrou

Julle luister nogsteeds liewe kinders
Na die slinkse slang
Met mooi en vleiende woorde
Verlei hy julle tot en met vandag

Abba sê nee
Nee liewe kinders dis tyd
Dat julle My en My weë en planne
Bo die van julle vertrou

Dink julle rerig liewe kinders
Dat julle planne en weë vir julle lewens
Beter is as die van My
Beter as die pad wat Ek van julle vra om te loop?

Hoe kan julle so sê liewe kinders
Hoe kan julle so dink
Hoe kan julle dit glo
Sê My liefste kinders waar is julle geloof?

Ek wil vra liefste kind
Dat jy sal begin afstand doen
Van die pad waarop jy jou bevind
Ek wil nie hê jy moet verder op hom loop

Het jy hom begin sê Vader
En nou vra jy My om hom te seën
Of het jy waarlik oorgegee en vertrou
En toe begin die deure oopgaan?

Daar is soveel huise sê Vader
Wat My kinders sonder My bou
Soveel paaie wat julle alleen bewandel
Liefste kinders dit hoort mos nie so

Liefste kinders, liefste kinders
Asseblief hoor en luister
Na die woorde wat Ek hier praat
Iewers het julle Goddelike respek en agting vir My verloor

Want sê Abba as julle rerig omgegee het
Oor hoe Ek oor dinge voel
Sou julle mos nooit kon doen
Wat julle huidiglik mee besig is

Nee liefste kinders, nee
Ek wil nie hê julle moet julle eie
Koninkryke en planne en weë bou
Myne is altyd beter sê Vader

Altyd
Vertrou My
Vertrou My net
Dit is wat ons Vader vra

Want julle verstaan nie liefste kinders
Julle verstaan nie My hart
Dit is nie vir My lekker as Ek sien
Dat jy op jou manier My Koninkryk wil bou?

Wie is Koning van My huis vra Abba
Ek of julle?
Want baie kere liefste kinders lyk dit soos Ek
Wat saam met jou aan jou huis moet bly bou

Nee liefste kinders, nee asseblief
Wees getrou
Doen wat Ek jou vra
En nie anderste om

Hoe kan julle van My verwag vra Vader
Om die werk van julle hande te seën
Hoe kan julle dit vra sê Vader
As dit nie gebore is in My hart, as Ek niks daarvan weet?

Asseblief liefste kinders
Asseblief laat gaan van alles wat keer
Dat julle My met volle oorgawe
Loof, dien en vertrou

Dis My hart vir julle liefste kinders
Om in My weë vir julle lewe te loop
Nie in julle eie s’n nie
In Myne vra die Heer

Sal julle begin liefste kinders
Om na My wil in alles te vra
Die Een met wie jy wil trou
Die besigheid wat jy wil begin

Hoekom jou eie planne maak vra Vader
Hoekom op jou eie weë loop
Verstaan julle nog nie liefste kinders
Ek en My hart is ewig te vertrou

Dis die goedheid van My hart
Liefste kinders
Wat maak dat Ek julle kom haal
Al die kere wat julle bly afdwaal

Ek raak so moeg sê Vader
Oor al die kere wat julle wegdwaal
Al die kere wat julle huise en dinge
Buite My wil en plan vir julle lewens gaan bou

Liefste kinders asseblief
Kan Ek julle vertrou?
Gaan julle hoor?
Ek vra na kinders bereid om in My weë te kom loop

Hulle is so min gesaai sê Abba
So min
So baie dinge waarmee julle jul besighou
So min van hulle is regtig gebore in My hart

Dis omdat Ek om julle huis moet bou
Sê Vader
So min huise is rerig deur My begin
Daar word van My verwag om rondom julle agendas te werk

Liefste kinders
Hoe kan dit wees?
Hoe kan dit werk?
Dit is mos nie ware geloof of is dit

Geloof is om My te vertrou liefste kinders
Vir alles, vir almal
My weë bo joune
Altyd

Dit is geloof liewe kinders
Om My aangesig te bly soek, om naby My te bly
Daar waar jy altyd kan hoor
Dit is presies waar Vader-God my wil hê

Kan jy dit van jou lewe sê liewe kind
Kan jy sê dit is presies waar ek moet wees
Vader het my tot hier gelei
En elke tree sal Hy my vorentoe wys

Sien liefste kinders Ek wil nie hê dat julle vooruit sal beweeg
Voor My wil en plan vir julle lewe saam
Vra altyd liefste kinders, altyd
‘Vader is dit waar U my wil hê?’

Liefste kinders
Vertrou julle Vader se hart
Luister na wat Ek vra
Met so ‘n gebed sal Ek altyd die weg baan

Ek vra julle liefste kinders
Om My wil en planne
Bo die van julle te kies en te vertrou
Julle besef dit nie maar julle is eintlik besig om te verloor

Teenoor My planne
Is julle s’n altyd tweedehands sê Vader
Dit is net so
Teenoor Myne gaan julle s’n bly verloor

Want dink hieroor sê Vader
Die drome in jou hart
Bo ‘n droom
Gebore in die hart van jou Koning?

Liefste kinders sê My Woord nie
Dit wat julle nog nie eers kon dink
Droom of vra nie
Dit is wat Ek vir My kinders voorberei

Is dit nie so nie liewe kind
Is dit nie waar
Dit is regtig wat My Woord beloof
Hoekom glo julle nie wat daar staan?

Want julle moet besef
Liefste kinders
Deur julle drome bo Myne te plaas
Is julle eintlik besig om te sê ‘My God ek weet eintlik beter’

Liefste kind
Jy weet wat die beste is vir jou hart en lewe?
Liewe kind hoe kan dit wees
Praat van in die gesig vat

Liefste kinders asseblief
Asseblief kom en kom hoor
Ek wil julle na nog hoër hoogtes neem
Ek wil hê julle moet saam met My op arendsvlerke sweef

Maar liefste kind dit gaan vra
Dat jy My nog meer sal vertrou
Dat jy van die kranse sal laat gaan
Om saam met My tussen blou wolke te verdwyn

Ja liefste kinders
Dit is waarnatoe Ek julle wil neem
Na onbereikte plekke
Plekke nog nie deur die oog gesien of gevind

Ja liefste kinders
Dit is waarnatoe Ek julle wil neem
Na onontdekte plekke
Na plekke nog dieper as waaraan jy kan dink

Wil jy saamkom liefste kind
Wil jy nie hierdie reis saam met My onderneem?
Ek sal jou neem na plekke nog nie eers oor gedroom
Maar dan liewe kind dan moet jy ten volle kom oorgee

Dis al hoe jy die hoër hoogtes
Saam met My gaan bereik liefste kind
As jy nou jou knieë in stille oorgawe
Voor My kom buig

Bly liefste kinders
Bly altyd onder My hand van Gesag
Dis beter so liefste kinders
Vir julle en ook vir My

Ek wil Koning wees sê Vader
Ek wil Koning bly
Van jou hart en lewe
Omdat Ek weet waarna My planne vir jou lei

Julle moet leer liefste kinders
Om oor te gee
‘n Lewe van Volle Oorgawe aan My
Moet julle altyd leef

Dis in en met hierdie lewens
En harte van totale oorgee
Waarin Ek die onmoontlike kan vermag
Liefste kinders asseblief

Bly op die pad van oorgawe
Totdat jy die dag jou oë toemaak
En moet nooit, asseblief moet nooit ooit weer
Besluit om hef in eie hande te neem.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Arendsvlerke”

Leave a comment