Stilte in die Storm

Jesus die Stilte in ons Storm
Dis Hy wat sien hoe die golwe hoogty vier
Dis Hy wat die winde laat lê
Dis Hy wat hul stil maak in ons harte

Sit jy ook vas in ‘n storm
Liewe vriend
Moed-verloor vir die dag van môre
Hoop voel so vêr van my en verlore

Dis Jesus wat die storms
Stilmaak in ons harte
Ook in ons lewens
Wil Hy dieselfde doen

Ons Koning hou nie daarvan
As ons verlore voel
Hy wil hê ons moet altyd weet
Omdat Hy leef is daar hoop vir môre

Al weet ons nie wat môre bring nie
Al is daar soms twyfel in ons hart
Weet ons een ding beslis
Dat vandag en môre voor God se heerskappy moet buig

Sien want ons Koning weet alles
Daar is niks vir Hom onbekend
Van die kleinste kind in ‘n stofpad tot die persoon in ‘n hopie
Hy bly hulle enigste Hoop

Ons Vader se hart
Is om aan almal in hierdie wêreld
Nuwe hoop te skenk
Aan elkeen ‘n nuwe rede om te lewe te gee

As jou lewe saai voel
As jy konstant in ‘n storm verkeer
Is dit dalk tyd om te kom
En Jesus te probeer

Laat toe
Dat Sy stilte en vrede jou omvou
Laat toe
Dat Hy jou in Sy warm arms hou

Liewe vriend jy sal dan ervaar
Hoe die storms van hierdie lewe
Die storms in jou hart
Al hoe stiller raak

Sien ons Vader gee om
Hy gou so baie om oor alles waar dit jou aangaan
Ding is Hy kan hoe probeer
Maar as jy nie wil oopmaak is daar nie veel meer wat Hy kan doen

Hoe verlang Hy na jou liewe vriend
Hy wil jou ‘n soveel beter lewe gee
‘n Lewe waar jy waarlik oopmaak, oorgee en vertrou
Sodat Hy jou met Sy wonderlike genade en liefde kan vul

Sal jy liewe vriend
‘n Bietjie nader kom
Sal jy die veiligste terrein ooit betree
Nooit sal iemand meer vir jou kan omgee

As hier in jou Vader se arms
Waar Hy vir die storms in en om jou sê
Bedaar en gaan lê
Waar alles dan stil raak en jy hoor hoe Hy sê

Oor elke storm is Ek Heer
Daar is geen een wat nie voor My moet buig
Ek gee om liewe kind
En saam gaan Ek en jy hierdeur.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Stilte in die Storm”

Leave a comment