Die storms van hierdie lewe
Wil ek nie sonder my Koning aandurf
Want kyk Hy ken
Die oplossing van elke probleem
In die skadus
In die son
In die wemel
In die stil
My Koning is altyd daar
En Hy gee so verskriklik baie om
Dis baie kere in die storms van die lewe
En ons wat aanhou vashou
Dat ons ontdek
Nog meer storms kan ek trotseer
As ek net naby aan my Koning bly
Want daar is geen storm wat Hy nie kan oor
Deur die storms van die lewe
Die storms van my hart
Is Hy die Een
Wat my veilig geanker hou
Saam met Hom
Kan ek nie wankel nie
Want dis Hy wat my bo hou
Ek het my huis op die Rots Jesus gebou
Liewe vriend kan ek jou aanmoedig
Om dieselfde te doen?
Sal jy ook asseblief altyd jou oë op Jesus bly hou?
Sal jy toelaat dat Hy die golwe in jou hart bedaar?
Hulle is so verskriklik besig sê Vader
Jou emosies ry wipplank elke dag
Die vyand vertel konstant vir jou
Jy is in volle beheer
Dis tyd dat hy ophou om vir jou te lieg
Sê Vader
Dis tyd dat al daai wisselende emosies
Voor My Troon van Genade kom buig
Want sien liewe kind
Dis wat Ek aan jou wil gee
Stilte in die ergste storm
Dis Ek alleen wat alle golwe laat bedaar
Want sien liewe kind
Die branders, waters, winde en see
Hulle weet wie is die Ewige Koning
Voor My autoriteit moet hulle hul knieë buig
Liefste kinders Ek wil hê julle moet toelaat
Dat Ek die storms en winde in julle harte en lewens aanspreek
Ek wil hê julle moet toelaat
Dat Ek die deurmekaar-geit in en om julle stil maak
Dit is nie vir my lekker as Ek sien
Hoe julle konstant probeer om op julle eie staande te bly
Besef jy nie Ek het gekom
Sodat jy nie alleen hoef te ly?
Dit is My hart vir jou sê Vader
Konstante hulp wil Ek aan jou verleen
Sal jy vra?
Sal jy My toelaat om jou te leer?
Selfs in die storms van hierdie lewe
Kan Ek julle iets waardevols leer
Ja liewe kinders Ek besef dit is nie altyd lekker nie
Maar glo My saam sal ons hierdeur
Dis Ek in jou storm, Ek deel van jou storm
Wat die storm draagliker maak
Dis Ek in jou storm
Daarom wil Ek vra dat jy sal ophou om My konstant weg te stoot
Liefste kinders Ek wil julle help
Ek wil nuwe hoop
Op hopelose plekke vir julle gee
Maar Ek moet vra dat julle sal aanhou om na My te kom
Weet julle hoeveel beter en draagliker
Wil Ek julle huidige storm maak?
Liefste kind al hoe dit kan gebeur
Is as jy My in die middel van jou storm plaas
Ek wil dinge vir jou beter maak
sê Vader
Soveel draagliker en beter as wat dit nou vir jou voel
Maar liewe kind dan moet jy kom
Jy moet kom en jy moet bely
Ek is God
Ek is Koning
Die Ewige EK IS
Daar is geen storm
Wat Ek nie kan stilmaak maak nie sê die Heer
Elke storm, elke storm
Moet buig voor My heerskappy
Sien liewe kind soos die storm
Wat Ek stilgemaak het in die Bybel
So wil Ek ook vandag
Die storm in jou hart en lewe stil
Ja hulle was angsbevange
En Ek vas aan die slaap
Ek het geweet ons is veilig
Hulle het geglo ons gaan dit nie maak
Liewe kind met My in jou storm
Is jy altyd veilig
As jy vandag onveilig en beangs voel
Oor wat die storm nog inhou
Sal jy asseblief by My kon aanklop
Sal jy sê Jesus kyk die storm
Kyk die golwe hoog
Sal U asseblief in en om my U berusting bring?
Want Ek sal liewe kind
Ek sal die storms in jou hart en lewe laat bedaar
Als omdat jy bereid was om te vra
Sonder My sê Vader kan hierdie storm jou verdwelg
Jy kan dalk sink
Maar dit is nie My hart vir jou nie sê Vader
My hart vir jou is totale vrede in elke storm
Omdat jy weet Ek is in volle beheer en Ek sal jou nooit ooit verlaat
Ja liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Daar is geen beter en veiliger plek
In die storms van hierdie lewe
As Ek – jou Stilte – in die middel daarvan te vind
Beweeg nader aan My
Beweeg nader aan My in hierdie tye vra Vader
Moenie toelaat dat die storms van hierdie lewe
Jou aandag aftrek en verwyder van My
Dit is in hierdie tye sê Vader
In die Storms van die Lewe
Dat jy nodig het
Om die heel naaste aan My te beweeg
Ja liewe kinders Ek weet
Sien en Besef
Dit is meer dikwels in die moeilike tye
Dat julle terugtrek en nie meer so standvastig in geloof bly staan
Ek wil nie hê dit moet so wees nie
Sê Vader
Liefste kinders Ek wil hê dat julle in die moeilikste tye
Nogsteeds sal aanhou om tot My te nader
In hierdie tye sê Vader
Moet julle nog nader aan My beweeg
Want liewe kinders dis net deur dit te doen
Dat julle die genade en krag sal kry om deur die storm te gaan
Sien liefste kinders
Ek wil hê julle moet My
In die middel van julle probleme plaas
In die middel van julle storms
Want dis alleenlik deur dit te doen
Dat dit moontlik gaan wees om voort te gaan
Deur My in die middel te plaas
Sal julle weet waar julle fokus moet wees en bly
Ek moet die fokus-punt van jou probleem wees
Sê Vader
Nie die probleem nie
Ek en jy wat weet alles is moontlik by my God
Ek wil hê julle moet aanhou
Om julle fokus op My te hou liewe kinders
Moenie toelaat dat dit skuif of begin beef
Staan vas in julle geloof en vertroue in My
Fokus op My liewe kinders
Nie op die storms nie
Nie op die probleme nie
Ek Ek sal jou beslis deursien
Want sien dit is deur dit te doen sê Vader
Deur julle oë op My te hou
En nie die storm nie
Dat julle genade sal ontvang om deur die storm te gaan
My genade sal julle beskerm sê Vader
Ek sal vir julle die krag gee om vas te hou
Om nie te laat gaan nie
Hou net aan om julle oë op My te hou
Spandeer tyd saam met My
Wees lief vir My
Liefste kind Ek sê vir jou
Ek sal jou hierdeur dra
Moenie terugtrek nie sê Vader
Moet nie terugtrek in die aangesig van aanslae nie
Al is die storms ook hoe hoog
Ek is die Enigste Een wat julle nodig het
Liefste kind
Weet en Besef jy
Ek is Bo al die storms van hierdie wêreld?
Ek is Bo alles wat jou geloof en hoop wil laat verloor?
Sien liefste kinders
Dit is hoekom Ek vra
Hou julle oë en aangesig op My
Dis slegs deur dit te doen wat julle vas sal kan bly staan
Dit is deur julle oë op My te hou
Dat julle genade sal ontvang
Vir die volgende stap
En dan weer die een daarna
Hou jou oë op My liefste kind
Hou jou fokus op My
Nie op die probleme en storms van hierdie wêreld nie
En WEET dat Ek jou SAL DEURDRA
Ek sal liewe kind
Ek sal vir jou deurkom
Wees lief vir My met alles binne jou
Hou net aan om lief te bly vir My
Ek sal jou dra deur die storms van hierdie lewe sê Vader
Daaraan hoef jy nooit te twyfel
Al wat Ek vra is dat julle sal bly glo en dat julle vertroue in My nooit sal verflou
Dat julle nooit sal laat gaan van My hand wat julle s’n vashou
Dis al wat Ek nodig het sê Vader
Julle geloof en vertroue
Julle blik standvastig op My
En nooit op die storms wat julle omring.