Liewe kinders hoeveel kere
Hardloop julle van My wil af weg
Slegs omdat julle glo
Ek het genoeg gehoor
Ek gee vir julle een woordjie
‘n Klein blikkie deur die venster
Dan dink julle
Daar’s hy ek het dit!
Nee liewe kinders
Julle het dit nie
Baie kere is die volle prentjie verbloem
Omdat Ek julle vertroue wil leer
Julle het seker al gesien liewe kinders
Ek wys julle nooit die volle plan
Slegs ‘n stukkie vir nou
En daarna weer nog ‘n keer
Sien liewe kind
Dit is wat Ek julle wil leer
Vertroue, vertroue
Konstante vertroue
Al lyk die dae hoe donker en grys
Sê Vader
Wil Ek vra
Sal jy aanhou vertrou?
Julle ken nie die volle prentjie nie
Sê Vader
Julle ken dit nie
Net Ek doen sê Vader
Daarom wil Ek vra liewe kinders
Dat julle sal aanhou vertrou
Dat julle nooit julle eie plannetjies maak nie
Dat julle altyd sal weet Ek ken die groter Plan
As julle by My bly
In My wil
Bly glo en vashou
Sal julle die plan sien
Julle sal sien
Hoe Ek julle bly deurdra
Julle sal sien
Hoe Ek nooit opgee
Ek sal nooit opgee nie sê Vader
Maar liewe kinders Ek wil dieselfde van julle vra
Dat julle nooit sal opgee
Maar altyd sal bly vertrou
Net omdat jy nie die volle prentjie sien nie
Liewe kind
Beteken nie dat jy moet ophou glo
Dit beteken nie Ek is nie in volle beheer
Ek is altyd in volle beheer sê Vader
Ek weet nog voordat iets gebeur
Daarom wil Ek vra liefste kind
Hou aan glo en moet nooit moed opgee
Moenie julle eie plannetjies maak nie
As julle sien Myne wil net nie gebeur
Nee sê Vader, nee
Liewe kind julle moet aanhou vertrou Ek het altyd ‘n Plan
My plan is altyd mooi sê Vader
So so mooi…
Ek loof en prys U vir U mooi hart
Ons hou vas Vader en ons glo U gaan alles draai vir U eer
Dankie Jesus
Dankie Vader
Halleluja
Amen.
Amen so true
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!