Beloftes van Bo

Weet julle wat het Ek vir julle voorberei
Vra Vader
Skatte so groot
Seëninge reguit uit die hemel daarbo
 
Diepe, ryke seën stort Ek elke dag op julle neer
Diepe, ryke seën sê Vader
Weet julle hoeveel kere steel die vyand dit sê Vader
Weet julle hoeveel kere?

Liewe kinders julle sou geskok wees
As julle kon sien wat in My wêreld aangaan
Hier by ons is dit ‘n konstante stryd
Rondom alles waar dit jou aangaan

Soveel seën lê opgesluit in My beloftes vir julle sê Vader
Soveel seën
As julle My net wou glo
Onwrikbaar wou vasstaan op julle geloof in My

Liewe kinders soveel kere
Het Ek vir julle beloftes voorberei
Ek het julle gevra om te bly glo
Net vir julle om op die einde op te gee

Liefste kinders Ek wil vra
Dat julle altyd sal bly glo
My God kan enige iets vermag
By Hom is NIKS onmoontlik nie

Liewe kinders asseblief
Ek vra julle om nooit op te gee nie
Om nooit te laat gaan
Van enige van die beloftes wat Ek vir jou gee

Liewe kinders julle laat die vyand toe
Om julle seën – My beloftes aan julle – te steel
Julle laat hom toe
Net voordat Ek dit in vervulling kan bring

Liefste kinders asseblief
Moet hom nie toelaat om dit te doen nie
Moenie toelaat dat hy dit enigsins regkry
Al liewe kinders hoe dit kan gebeur is as julle bly vashou

Bly vashou aan My beloftes
As julle vashou aan elke liewe woord aan julle gegee…
Hoe ‘magical’ sê Vader
Wanneer My beloftes in vervulling kom

Hoe ‘amazing’!
Hoe wonderlik!

Daarom liewe kind wil Ek vra
Dat julle altyd sal bly glo
Liewe kinders met My
Is die wag altyd die moeite werd!

Met My is die wag altyd die moeite werd!
Dis omdat liewe kinders
Dis omdat wanneer Ek dit doen
Ek dit ordentlik doen

Ek is mal daaroor wanneer ‘n Goddelike plan tot uitvoer kom sê Vader
Ek is net regtig baie lief daarvoor!
Alhoewel dit nie altyd gebeur nie
En alhoewel dit somtyds faal

Is Ek so bly om te sê
Hierdie een is gedoen!
Die volvoering van My plan gaan julle sien!
Die volvoering van My plan gaan julle proe!

Liewe kinders Ek staan
Ek staan in verwondering
Julle sal nooit rerig besef hoeveel berge is verskuif
Deur julle gebede van geloof

Dankie liewe kinders, dankie
Dat julle die geloof behou het
Dat julle besluit het om nie te laat gaan
Dat julle gekies het om My tot die einde toe te bly vertrou!

Dit is My hart sê Vader
Vir My kinders om altyd te bly GLO
Vir My kinders om nooit GELOOF te verloor
Vir My kinders om elke belofte van My vas te hou totdat hulle sien dit is volvoer!

Amen. Halleluja!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Beloftes van Bo”

Leave a comment