Destiny-wen

Altyd daar
Dit is God
Nooit sal Hy opgee
Nie op my of jou, geen een

Ja sê Pappa
Ek glo in julle
Meer as wat julle self glo
Weet dit asseblief vandag en kom net nader

In My sal jy
Die waarde vir jou lewe vind
In My sal jy vind
Jy is nie gemaak om net te bestaan

Abba se kind asseblief
Kom nader
Kom vind jou roeping
Die plan wat Ek vir jou lewe het

Pappa se kinders
Julle moet asseblief nie opgee
Op My drome en planne vir julle nie
Julle kan gerus daarna begin vra

Hulle is baie mooier
As julle s’n
My liefste kinders
Al moet Ek self so sê

Abba se kinders
Asseblief
Kom vertrou My hart
Begin om na My drome vir julle te vra

Baie van My kinders
Sê Abba
Wat hulle destinies vir hulle lewens kies
Tog wil Ek nie hê dit moet so wees

Asseblief Abba se kinders
Kom vertrou My hart
Kom weet dat Ek altyd
Altyd vir julle is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment