Ek is by jou

Is jou hart seer
Die pad swaar
En jy weet net nie meer
Waarheen

Liefste kind
Seun en dogter van God
Kan ek jou bemoedig
Kom ons hou vas

Ek is lief vir julle
My liefste kinders
Saam gaan ons deurdruk
Saam gaan ons dit maak

Jy hoef nooit op te gee nie
Want Ek is by jou
Saam met jou
Om nooit op te gee

My liefste kind
Seun en dogter van God
Hou asseblief moed en weet
Ek het dié lewe en die dood reeds oorwin

Julle is nooit alleen
As julle My aan julle kant het nie
Asseblief My liefste kinders
Behou jou geloof

Al gaan julle liefste kinders
Deur die donkerste waters
Wil Ek hê julle moet weet
Dit sal julle nie oorstroom

Want My oë is op julle
My liefste kinders
En Ek sal julle deurdra
Saam met My sal julle dit maak

Moenie opgee nie
My liefste kinders
Hou net vas
Trek nader aan My

So wanneer jou trane
Volgende keer so vlak lê
Wanneer jy dink
Jy kan nie aangaan

Asseblief My liefste kinders
Hou veral dan moed
Moet dit nie verloor
Onthou Ek is by jou

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment