Julle sê julle is lief vir My
Maar julle is nie eintlik nie
Julle jok en soek jul eie eer
Ek wonder of julle besef dit maak My seer?
Ja liefste kinders
Ek kry ook seer
Wanneer mense hul rûe op My draai
Wanneer mense konstant alles wat sleg is van My glo
Julle ken My nie sê Vader
Want as julle het
Sou julle nooit
Al die lelike woorde en goed van My kon sê
Ek bly al vir so lank stil sê Vader
Hierdie stille hoop in My hart dat julle oë sal oopgaan
Wanneer gaan mense ophou om van My te praat
En self kom uitvind wie Ek rerig is?
So baie kere bou julle vir julself ‘n fiktiewe God
‘n God wat Ek nie ken nie
Tog sê julle so gereeld
Ek en Hy ons het dieselfde naam
Ek ken nie julle God nie sê Vader
Die een wie julle dien
Liefhet en volg
Hoe kan Ek, Hy is dan niks van My
Fiktiewe God
Kom ons maak dit Sy Naam
Asseblief moenie ooit dink Ek en Hy is een
Hy is die Een wat julle bou rondom julle eie oortuigings
Ek is niks van Hom
Sê Vader
Hy ook nie van My
Ek weet maar net van Hom
Tog so snaaks
Dat julle ons so gereeld
Vir presies dieselfde persoon
Verwar
Ek weet nie wie Hy is nie
Ek hoor maar net van Hom
Deur die woorde wat julle uiter
En dan besef Ek julle verwys na Hom as My
Liewe kinders in julle verbeelding
Oortuigings en waarhede
Het julle vir julself ‘n God gebou
Van wie Ek niks wil weet
Hierdie God sê vir julle
Dis okay om in sonde voort te leef
Hierdie God sê vir julle
Dis okay om God met ‘n lou hart te loof en eer
Van wanneer af is dit die waarheid
Liewe kind?
Ek weet niks van Hom
En Ek is ook nie seker of Ek enige iets meer van Hom wil hoor
Hierdie God van julle is besig
Om julle van My kosbare waarhede te beroof
Hy vertel vir julle soveel leuens
Dit is absoluut verskriklik om te sien hoe julle Hom glo
Lou lewens is nie van My nie sê Vader
Lieg en bedrieg ook nie
Heilig van buite maar vrot van binne dit is ook nie Ek
Hoe kry Hy dit reg om julle so ‘n rat voor die oë te draai?
Hy vertel vir julle daar is geen hel nie
Oortuig julle daar is geen lewe na die dood
Of is dit nou almal-gaan-hemel-toe
Maak nie saak hoe jy op aarde leef
Liefste kind Ek wil vra
Dat jy ophou om ons twee so te verwar
Ek weet niks van Hom nie
Hy is NIKS van My
Hoe lank gaan jy aanhou om hierdie fiktiewe God te glo?
Gaan jy rerig aanhou glo als wat Hy sê is waar?
Want liewe kind Ek moet jou sê
Soveel leuens uit waarhede het Hy vir julle gebuig
Hoe verskriklik is dit sê Vader
Kortom liewe kind
Ek wil hê jy moet weet
Baie kere as jy praat van die God wat jy dien verwys jy eintlik glad nie na My
Sien liefste kind Ek is die God van die Bybel
Daarin sal jy My waarlik vind
Asseblief hou op om dowwe fiksasies van My te fabriseer
Ek is nie die Een van wie jy dikwels praat
Ek gee nie beloftes en voer dit dan nie deur
Ek is nie uit om alles en almal te beseer
Ek is Liefde, Hoop, Genade
Ek is nie die Een wie jy alewig vir alles blameer
O ja dit is seker die kere wat jy van My praat
En eintlik Hom bedoel
Asseblief liewe kind hou op daarmee
Ek en hierdie fiktiewe God van julle, ons twee is nie een
Dit maak My bang sê Vader
Dat julle soveel dinge buiten My glo
Ek wens Ek het geweet
Hoeveel leuens Hy nog vir julle verbloem
Want sien liewe kind Hy gaan alles probeer
Die blaam op My probeer pak want Hy weet sy tyd raak min
Dis okay sê Vader My skouers is sterk
Omdat Ek weet nie al My kinders gaan Hom glo
So dis okay sê Vader, dis okay
Al maak dit seer
Ek weet daar is baie kinders daarbuite
Wat weet hulle word mislei
Ek maak hulle slim sê Vader, baie slim
Elke keer as hierdie fiktiewe God van julle kom
En probeer om hulle in My Naam te verlei
Sien hulle Hom vir wie Hy is en bestraf Sy Naam
Want sien hierdie fiktiewe God van julle se naam is Satan
Hy leer julle om alles behalwe My waarhede te onderhou
Hy sit ‘n mooi gesiggie aan
Verdraai My Woord met leuens
Maar dis reg so sê Vader
Dis reg so want
Die tyd is baie naby
Om die bordjies vir goed te verhang.
So waar
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Babsie ek wil baie dankie sê vir al jou boodskappies. Diep dankbaar dat Vader se woorde jou ook seën. x
Al hoe ons Yeshua regtig kan ken, is: 1.) deur Sy wette te onderhou 2.)Sy feeste te onderhou en 3.) Sy woord te leer. Sy woord beskryf Hom so goed, Sy hart, passie, geregtigheid, regverdigheid. Waarom ken mense Hom nogsteeds nie? Hoe kan mense deur die lewe gaan sonder om vrae te vrae, Yeshua sê wees soos kinders, hoe is kinders dan? Kom ek antwoord…..Kinders bevraagteken alles nie waar? Hoekom dit, en hoekom dat? Yeshua het n antwoord op elke vraag. Die antwoord is nie altyd wat jy wil hoor nie, maar jy moet jouself dan ook vra, HOEKOM is dit die antwoord wat ek nie wil hoor nie…..
Hallo Twane, dankie vir jou kommentaar! In ‘n persoonlike verhouding met ons Hemelse Vader sal alle waarheid wat Vader wil hê jou pad moet kruis jou pad verseker kruis. 😉 So belangrik vir elkeen van Vader se kinders om in so liefdesverhouding met Hom te staan en nie net opinies van mense, instansies, ens. aan te hang nie. Net 1 het die volle waarheid en dis ons Koning … Jesus sê dan : Ek is die Weg, die Waarheid 😉 en die LEWE. Kom ons maak seker ons groei dag vir dag saam met Yeshua & dat daai alleentye saam met Hom die kosbaarste van al ons tyd is. Liefde & lekker dag vir jou! x