Groei in die Gees

Dis so belangrik vir julle
Om verhouding met My te bou sê Vader
Liewe kinders dis al hoe julle gaan weet
Wat in hierdie wêreld is rerig van My

Liefste kinders Ek wil hê julle moet op ‘n plek kom
Waar julle My Woord
Bo alle dinge om julle glo
Ek wil hê julle moet kom en My rerig op My Woord vat

Het jy geweet Ek wil jou persoonlik ontmoet?
Het jy geweet Ek wil jou self openbarings gee?
Liewe kinders daar is nie meer tyd vir ander opinies soos soet-koek opeet
Dis tyd dat julle self by My kom hoor

Liewe kinders daar is soveel misleiding
Soveel verleiding wat op die oomblik
In hierdie wêreld aangaan
Liewe kinders nie alles met ‘n dit-is-van-God-tagg is van My

Het jy geweet daar is ‘n manier
Vir jou om te weet
Wat is van my Vader-God
En wat is nie?

Liefste kinders dit begin als by
Julle op julle knieë
Dit is waar julle My sal vind
Om, in en baie naby jou

Liefste kinders Ek sal julle leer
Alles wat julle nodig het om te weet
Dit sal Ek julle leer
Staan net sterk in julle vertroue in My

Ek wil julle opvoed
Meer van My leer
Maar dan moet jy bereid wees
Bereid wees om te kom hoor

Opvoed is ‘n goeie ding
Dit maak dat jy groei van melk na vaste spys
Is jy nie al lus nie liewe kind
Vir die vleis in My Woord?

Babatjies kan net so vêr sê Vader
Dan moet hulle groei
Van kruip na loop
Totdat hulle naderhand hardloop

Sien liefste kinders
Dit is die verloop van hierdie lewe
Konstante groei moet plaasvind
Kyk net na die lewensverloop van ‘n kind

Vaste spys gaan nie werk vir ‘n kleintjie nie
Net melk gaan vir hom doen
Sien liewe kind julle is in ‘n proses van konstante vordering
Wel dit is as jy in verhouding met My leef

Dit maak My so hartseer sê Vader
As jy jou ophou met dinge wat nie van My is
As jy konstant daarmee besig is
Sonder om ooit meer van My te leer

Want sien liewe kind
In ons twee se verhouding met mekaar
Gaan geen groei plaasvind
As jy nie bereid is om meer te kom leer

My hart is siele sê Vader
Soveel, soveel siele
Verlore siele wil Ek deel maak van My Koninkryk
Hoe snaaks dat nie al My kinders dieselfde passie deel

Ek wil hê julle moet weet
Ek is by gebroke harte
Ek is daar waar mense seer het
Dit is nie iets wat julle in tradisie sal vind

Liefste kinders julle moet laat gaan
Van al die doktrines waaraan julle so vashou
Jy kan hoe lank aan ‘n kerk behoort, jy kan hoe lank dink jy is gered
Tog sê vir My weet jy van die bekommernisse en skatte wat in My hart woon?

Ek bekommer My oor die feit
Dat jy dink jy weet wat in My hart leef maar eintlik doen jy nie sê Vader
Sien liewe kind julle gaan op die opinies van mense, kerke, pastore en denominasies
Sonder om ooit self te kom hoor

Eerstehandse kennis liewe kind
Dit is wat Ek vir jou wil gee
Ek en jy alleen in jou kamer voor die dag in volle aanvang neem
Dit is waar alles vir jou kan begin

Liefste kinders Ek wil jou meer leer
Vaste kos wil Ek aan jou gee
Wil jy ‘n babatjie bly
Of ‘n Seun van God vir My wees?

Sien liewe kind Ek wil nie hê
Julle moet menslike opinies aanhang
Dit is nie waarvan Ek praat
Ek wil hê jy moet Regtig weet wat in My hart aangaan

Liefste kinders dit begin by My en jou
Alleen-tyd saam
Daar sal Ek jou ontmoet
Op jou knieë wanneer jy vra

Opvoed liewe kind dis wat Ek wil doen
Opvoed in die Gees
Jy kan hoeveel jare gered wees
Maar sê My weet jy van elke dag persoonlike verhouding met My bou?

Vir baie van My kinders
Is Ek ‘n dooie God sê Vader
Hulle praat nie elke dag met My nie
Maak nie hulle harte rerig oop nie of laat My toe om Myne te ontbloot

Liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek is nie ‘n dooie God nie
Elke dag van jou lewe wil Ek jou voetstappe rig
Sal jy daarvoor kom vra?

My hart is sag en vol genade
Ek wil jou My weë leer
Met liefde en groot barmhartigheid
Vir jou die pad aandui

Ek is opsoek na kinders wat wil
Kinders wat 24 uur ‘n dag
7 dae ‘n week
In volle verhouding met My sal staan

Sondae alleen werk lankal nie meer nie sê Vader
Wat van die res van die week?
Ek wil hê steek-hand-in-eie-boesem
En nooi My asseblief in jou alledaagse lewe in

Liefste kind Ek wil alles vir jou beter maak
Soveel draagliker as wat dinge nou vir jou voel
Alles kan net as jy meer van My leer
As jy My meer toegang tot jou hart verleen

Ek is nie dood nie sê Vader
Ek wil elke dag met jou praat
Ek wil hê jy moet My hoor
Smag jy nie ook daarna?

Liefste, liefste kind wanneer laas
Het jy jouself van My gehoor?
Ek wil hê die kennis in jou lewe moet nie meer tweedehands wees
Ek wil jou persoonlik ontmoet

Ja Ek weet vir baie van julle is dit baie vreemd
Julle is dit glad nie gewoond
Maar liewe kind dit is verhouding, dis waar als begin
Dit bly nie net by ek-het-van-iemand-anders-gehoor

Liefste kind is jy bereid
Om My in jou binnekamer te ontmoet?
Is jy bereid om die deur agter jou toe te maak
En te sê nou-wag-ek-vir-God?

Liefste kind sien dis al wat Ek soek
Dis waarna Ek verlang
Een oggend kan jy jou bybel oopslaan
Die ander oggend vir My ‘n liedjie sing

Dis hoe Ek wil hê dit moet wees sê Vader
Liefde van albei kante sê die Heer
Jy wat wag, Ek wat opdaag
En ander kere weer andersom

Ek weet en Ek besef vir baie van julle
Is die term ‘Verhouding met Jesus’
Iets totaal onbekend
Maar liewe kind dit is die pad waarop jy moet loop na die kruis

Sien dis in verhouding met My
Waar dinge begin verander
Dis in verhouding met My
Waar jy My elke dag hoor

Liewe kind Ek het gekom om verhouding met jou te bou
Nie net vir jou om kerk toe te gaan
Dit help nie jy deel mooi fotos op Facebook of Whatsapp
Maar jy het nog nie die diepe waarheid van dit ontdek

Ek is soveel meer as mooi woorde sê Vader
Ek is soveel meer as kinders wat stop by die kruis
Ek is soveel meer as kinders wat nie wil hoor of groei in verhouding met My
Ek leef en Ek is wel!

Nie 20 jaar terug of meer nie liewe kind
Maar NOU
Ek wil vandag inspraak in jou lewe gee
Sal jy liewe kind, sal jy My toelaat?

Ek wil die dinge wat nie in jou lewe hoort nie wegvat
Ek wil jou wys en leer om meer soos Jesus te loop
Sien liewe kind dis nie iets wat kan verander as jy nooit kom hoor
Dit is liewe kind wat Ek jou wil leer

Ek wil jou lewenstyl verander
Ek wil hê jy moet soos Jesus dink en loop
Ek wil hê jy moet sê wat Jesus sou sê
Maar Ek weet dit sal net gebeur as Ek jou hart aanraak

Sien liewe kind dis hoekom Ek nie voorgee soek nie
Ek soek nie ‘n hart wat doen omdat hy moet
Ek soek ‘n hart wat My beter en beter leer ken
En My dan uit LIEFDE toelaat…

Om jou te vorm tot My beeld
Om jou met My liefde aan te raak en jou binneste te genees
Ja dit gaan vat dat jy jou hart totaal voor My moet oopmaak
Maar dit gaan die pad ook oopmaak tot dieper intimiteit met My

Soos wat jy jou hart op aarde vir jou geliefde oopmaak
En hom of haar toelaat om jou binneste te verken
So liewe kind, so wil Ek hê
Jy moet met My dieselfde doen

Ek het jou liewer as wat enige iemand jou ooit kan liefhê
Sal jy jou hart en siel voor My ontbloot
My totaal en al innooi
En My toelaat om jou net lief te hê?

Sien liewe kind Ek wil
Ek wil jou hart en lewe vul met liefde en blydskap groot
En Ek weet liewe kind dit gaan net dooie godsdiens bly
As Ek en jy nie verby die perke van kerk skuif

Liewe kind Ek soek verhouding
Ek smag na meer
As dit wat tot dusver tussen ons lê
Ek verlang na totale oorgawe

Totale oopmaak van jou hart en wese
Totale innooi van wie jy is
En ja liewe kind dit begin by 5 minute elke dag
Waar jy My opreg innooi

Jy sal My vind sê Vader
Ek kan al sien liewe kind hoe jy kom
Hoe jy kom uitvind
Dat dit rerig begin by ‘n briefie uit jou hart wat jy vir my voorlees

Dis al waarvoor Ek wag sê Vader
Jy wat begin
My Woord sê ‘Nader tot My en Ek sal tot jou nader’
Liewe kind hierdie is ‘n woord so waar en hoe gaan jy dit ook presies net so vind!

Onthou liewe kind dit moet gereeld gebeur
Ons moet kontak behou
Net soos ‘n ou vriend waarmee jy tred verloor
So ook met ons as ons nie gereeld by mekaar uitkom

Dis hoekom ons moet tyd maak vir mekaar
Dis hoekom ons moet seker maak om kontak te behou
Want die vyand soek net weer sy voet in die deur
Sodat hy jou stadig maar seker kan weglok

Hy wil nie hê jy moet by My uitkom nie
Hy wil nie hê jy moet ooit bybel-lees of alleen-tyd by My spandeer
Hoekom nie liewe kind, hoekom?
Dis omdat hy weet hoeveel waarde en lewe jy daarin sal vind

Hoe gaan jy My ooit leer ken
As jy nie jou bybel lees nie liewe kind?
Dit help nie jy gaan op wat ander mense vir jou sê nie
Ek wil hê jy moet self kom uitvind

Ek sal jou leer
Ek sal jou leer
Jou op-help wanneer jy val
Altyd, liewe kind, baie naby aan jou wees

Jy hoef nie ‘n enkele sekonde bang te wees
Ek sal jou nooit seermaak
Jy kan My hart vertrou
Vandag saam met My aan hierdie verhouding van ons twee begin bou

Ek sal jou ontmoet waar jy is sê Vader
Ek sal nie die onmoontlike verwag
Eintlik wil Ek net hê jy moet kom
Sodat ons by 5 minute ‘n dag kan begin 🙂

Is dit nie groot, groot genade nie
Ons Jesus gee so baie om
Hy wil net hê ons moet ons harte oopmaak
Hom waarlik innooi

Sien mense dink hart-oopmaak
Is slegs wanneer jy Jesus as jou Verlosser innooi
Eintlik is dit soveel meer
Dis elke keer as jy in verhouding met Hom jou deur agter jou toemaak

Dit is daai stil tye saam met Hom
Wanneer dit net jy en Hy is
Wanneer die wêreld om jou se stem uitgedoof word
En jy net fokus op Hom en Sy groot liefde vir jou

Dis daai hortende, versigtige woorde
Wat jy in die begin so bang is om te deel
Omdat jy nie weet
Gee Jesus Christus rerig om, om van my te hoor?

As julle kon sien die liefde vir jou
Wat in ons Koning se hart woon
As jy besef het hoe graag Hy wil hoor
Sou jy nooit bang wees om in daai tye saam met Hom jou hart totaal en al te ontbloot

Want sien dis in hierdie tye saam met Vader
Dis daai tye wat jy toelaat dat die skanse tussen julle val
Wat daar iets so totaal-wonderliks gebeur
Dat woorde dit skaars kan verwoord

Dis konneksie met die hemel liewe kind
Dit is wat dit is
Dit is konneksie met My
Hoe min van My kinders weet waarvan Ek nou hier praat

Liewe kinders Ek wil so graag inkom
Ek wil so graag deel van jou alles wees
Sal jy My asseblief toelaat
Nie aanhou om agter skanse te skuil?

Want sien daar is so baie skanse
Waaragter julle wegkruip sê Vader
So baie dinge waarmee julle, julle besig hou
Sodat julle nie waarlik kan kom na My

Liewe kind Ek weet en besef
Dit is dalk vir jou vreemd
Maar dis tyd vir ons twee om verhouding te bou
Jy kan nie meer agter ander mense se waarhede en opinies van My skuil

Besef jy hoe graag Ek wil hê jy moet kom?
Besef jy hoe angstig Ek wag?
Ek wil hê jy moet seker wees dat Ek alreeds
Agter die toe deure vir jou wag

Dankie dat jy ‘n tydjie afknyp om te kom hoor
Dankie dat jy ‘n tydjie afknyp om te kom uitvind
Dankie liewe kind
Dankie

Ek sal jou ontmoet liewe kind
Weet dit verseker
Hou jy net aan om die regte ding te doen
Hart gebuig, voor My Troon, daar sal jy My beslis vind

Hou op weghardloop vra Vader
Asseblief liewe kind
Kom net, kom net soos wat jy is
En weet ek was lankal reeds ten volle lief vir jou

Jy hoef nie bang te wees
Jy hoef nie My aanvaarding te vrees
Jy is lankal reeds aanvaar
Jesus se bloed sê so

Kom net soos jy is
En gee oor sê Vader
Ek en jy
Ons kan nou waarlik EEN wees.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Groei in die Gees”

Leave a comment